Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Die kuns van kortkuns

woordeKortkuns  (saamgestel deur Trudy Erasmus)

Kortprosa of –kuns is die oorkoepelende term vir alle kortprosa en sluit die kortverhaal, kortkortverhaal, skets, prosagedig en essay in. Kortkuns kategoriseer tekste op grond van die ooreenkomste en verskille wat tussen hulle bestaan. Teenoor die korter prosa kry jy  die langer roman of novella.

Wat is die ooreenkoms tussen die verskillende vorme van kortkuns?

  1. Daar is ’n sterk element van oombliklikheid in kortprosa.
  2. Dit het meestal ’n poëtiese elem ent.
  3. Hennie Aucamp beskou die volgende as kenmerke van korter prosawerk:
  4. Gebeure, milieu en karakters is gekonsentreerd.
  5. Die skrywer van kortkuns streef na ’n eenheid binne die werk.
  6. Kortkuns moet ʼn storie vertel.[1]

[1] Gouws, T. 1992. “Kortkuns” in Cloete T.T. Literêre Terme en Teorie: 236


‘n Kortverhaal is … (Saamgestel deur Marietjie Wentzel)

Minder kompleks as ‘n roman en moet in een sessie klaar gelees kan word.  Kortverhale konsentreer op slegs een gebeurtenis, het ‘n enkelvoudige komplot/verwikkelingsplan en toneelskikking, met min karakters, speel oor ‘n kort tydsduur af, stel bepaalde eise, soos ‘n strak bou, uiterste konsentrasie, snelle verloop, en soms ‘n verrassende slot.  Dit kan werklike of fiktiewe gebeure as tema hê met nie minder nie as 2,501 en ‘n maksimum van 7,500 woorde.

Dit kan die volgende patroon volg:  uiteensetting (inleiding van tonelskikking, situasie en hoofkarakters); verwikkeling (gebeurtenis wat die konflik bekendstel); stygende aksie, draaipunt (die beslissende moment vir die hoofkarakter en sy verbintenis tot die handelwyse); klimaks (punt van hoogste belang in terme van die konflik en die punt van meeste aksie); ontknoping (die punt wanneer die konflik opgelos word); en die sedeles.  Weens die lengte, kan kortverhale hierdie patroon volg alhoewel moderne kortverhale net partykeer ‘n uiteensetting het.  Dit begin plotseling met ‘n storie wat in die middel van die aksie afskop.  Dit het ‘n klimaks en krisis/draaipunt, maar sommige kortverhale eindig plotseling met ‘n oop einde en kan met of sonder ‘n sedeles wees.


Hoe verskil ’n kortverhaal, essay en skets van mekaar? (geskryf deur Trudy Erasmus)

Essay

’n Essay is ’n soort opstel of compition oor ’n spesifieke onderwerp. Die lengte kan van ’n paar honderd woorde, tot ’n boeklengte wissel. Dit is gewoonlik ’n kritiese, maar persoonlik bespreking op ’n formele of informele wyse, sonder om die onderwerp uit te put. ’n Essay se doel is nie ’n wetenskaplike betoog nie, maar haal eerder lewenswysheid uit lewensverskynsels of besin oor die hierdie gebeurtenisse.[1]

Skets

’n Skets is ’n stukkie prosa van beskrywende aard. Visuele indrukke is daarom van groot belang. Ingewikkelde kompositoriese eise word nie aan die aan die skets gestel nie. Indrukke en dit wat die skrywer sien, is van groter belang. [2]

 Kortverhaal

’n Kortverhaal is ’n verhalende prosawerk wat van die essay en skets onderskei word deur die verhaalmatigheid van die werk. Anders gestel: ’n Kortverhaal is wanneer iets met iemand op ’n sekere plek gedurende ’n sekere tyd gebeur.

In ’n kortverhaal is die volgende elemente altyd teenwoordig, naamlik: tyd, ruimte, karakters en gebeure. (Al hierdie word later in fynere besonderhede beskryf.)

Vertelwyse en taalgebruik is ander elemente wat in die kortverhaal van betekenis is. Die inhoud van ’n kortverhaal kan tragies, komies, realisties, mities of simbolies wees, maar die skrywer se lewenservaring bepaal dikwels die kwaliteit daarvan.

Die kunstige rangskikking van al hierdie elemente is van groot belang wanneer ’n kortverhaal geskryf word en dit verg buitengewone vermoëns om dit effektief te doen.

So word die aanvangsin, titel en slotsin op mekaar af bestem.

In ’n kortverhaal het die skrywer nie plek vir die ontwikkeling van ’n groot aantal karakters nie en moet die skrywer die versameling karakters beperk tot drie karakters.

[1] Cuddon, J.A, Dictionary of Literary terms and literary theory.

[2] Seyffert, M.C.A, “Skets” in Cloete T.T. Literêre Terme en Teorie: 498

vrou voor rekenaar

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: