Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

VYFTIEN VRAE WAT SKRYWERS VIR HULLE KARAKTERS MOET VRA

(saamgestel deur Marietjie Wentzel)

Ons spandeer baie tyd om ons karakters te skep. Ons dink hulle name uit, waar hulle bly, vir wie hulle lief is, of hulle fobies of persoonlikheidsversteurings, ens. Het. Ons besluit om ons karakters in konflik te plaas met ’n antagonis ten einde die novelle/roman te kan skryf. Ons beplan ’n aanhitsingsmoment en beplan ons tonele/plekke van handeling, maar wat weet ons regtig alles van ons belangrikste karakters se sielkundige motivering?

Hier is vyftien vrae wat skrywers oor die karakters in hulle novelles/romans behoort te kan antwoord:
1. Wat sal jou karakter sielkundig vernietig?
2. Hoe voel jou karakter oor sy/haar pa en ma?
3. Wanneer het jou karakter ten volle geliefd en aanvaar gevoel?
4. Wat moet gebeur ten einde jou karakter sy/haar stem te laat hoor, of ’n vreemdeling in die openbaar te verdedig?
5. Waaroor lieg hy/sy?
6. Het jou karakter vriende nodig?
7. Vir watter fisieke gebeurtenis is jou karakter die bangste?
8. As jou karakter kon kies om sy/haar laaste dag in hierdie wêreld met iemand (lg lewend of dood) deur te bring, wie sal hy/sy kies?
9. Wat is sy/haar bepalende sterkpunt?
10. Is hy/sy in staat om met vreugde/plesier vir iemand anders te werk?
11. Het jou karater ’n positiewe of negatiewe beeld van sy/haar liggaam?
12. Vir wie of wat sal jou karakter sy/haar lewe aflê?
13. Het jou karakter ’n plan vir môre? Volgende week? Volgende jaar?
14. Is jou karakter lewenskragtig/veerkragtig/geeskragtig genoeg om te verander?
15. Wat sal jou karakter dink as hy/syjou nou kon sien?

(Oorgeneem by WritersWrite, 8 Julie 2014)

 

People 2117 People 2102 People 2144


Kontak gerus vir Marietjie Wentzel by skryfbesigheid101@gmail.com as jy ‘n redigeerder of proefleser nodig het. Marietjie kan ook help met die skryf van toesprake, artikels, opsommings en bestuursdokumente. Sy help ook met selfpublikasie en manuskripontwikkeling.

 

 

 

Advertisements

3 Kommentaar

  1. Dankie – dis interesant

    2014-07-17 12:51 GMT+02:00 Die Skryfbesigheid :

    > Die Skryfbesigheid posted: “(saamgestel deur Marietjie Wentzel) Ons > spandeer baie tyd om ons karakters te skep. Ons dink hulle name uit, waar > hulle bly, vir wie hulle lief is, of hulle fobies of > persoonlikheidsversteurings, ens. Het. Ons besluit om ons karakters in > konflik te pla”

    Like

  2. Reblogged this on zettebart and commented:
    Hierdie vrae is ‘n moet vir beginner skrywers.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: