Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Uitslae van kortverhaalkompetisie bekend

Op 30 April 2014 het Die Skryfbesigheid se jaarlikse kortverhaalkompetisie gesluit. Vanjaar is vier-en-twintig verhale ontvang. Verskeie temas en onderwerpe is in die verhale hanteer.

Die beoordeelaars het slegs met titels en nommers gewerk. Hulle het dus nie geweet wie die skrywers is nie. Dit het vier beoordelaars drie maande geneem om die beoordeling af te handel. Hulle het ‘n beoordelingsblad gehad waarvolgens hulle punte moes toeken en kommentaar lewer.

So is die gemiddeld van elke verhaal bepaal en kon ons wiskundig uitwerk dat die volgende verhale (en skrywers) wenners van die kompetisie is. Die verskil in punte is so naby aanmekaar. Dit verskil letterlik met een of twee punte.

  • Eerste prys:
    • DIT WAS AAND EN DIT WAS MÔRE – Frik Solms
    • EK WIL HUIL AS DIT REËN -Frik Solms

Frik wen met hierdie eerste plekke AFSLAG ter waarde van R1 500 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. Bykomend word een nag gratis verblyf vir een persoon by Jubel’nJuig (Dwarskersbos) aangebied as daar vir vyf nagte bespreek word. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)

Bykomend ontvang hy ook pryse wat Kwarts Publishers borg. Die waarde van elke prys is R700 en sluit in:

Gratis evaluasie ter waarde van R200. (Kwarts Publishers sal slegs manuskripte publiseer wat aan hul riglyne voldoen en evaluasie geslaag het. Die wenners se manuskripte behoort sonder probleme evaluasie te slaag, maar indien nie sal verdere regstellings, redigeringskoste en her-evaluasie (R200) vir die skrywer se onkoste wees.)

Wanneer die manuskrip goedgekeur is vir publikasie sal Kwarts Publishers ’n kwotasie uitwerk vir die omslag-ontwerp, teksuitleg, e- ISBN registrasie in die skrywer se naam by die nasionale biblioteek sowel as publikasie en verspreiding van die e-boek na Kwarts, Kalahari, Exclusive Books, Leisure Books / Leserskring, Mybooks, Myafrikaans, CNA en PNA se aanlyn-winkels. Kwarts Publishers bied R500 afslag op hierdie totale koste.

  • Tweede prys:
    • EER JOU VADER EN JOU MOEDER, WANT HULLE WEET MOS BETER? – Frik Solms

Die prys wat gewen word, is AFSLAG ter waarde van R1 200 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. Bykomend word een nag gratis verblyf vir een persoon by Jubel’nJuig (Dwarskersbos) aangebied as daar vir ses nagte of meer bespreek word. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)

Vir hierdie plek wen Frik ook die pryse wat Kwarts Publishers skenk soos dit hier bo uitgespel word.

  • Derde prys:
    • BLOED – Chantél Venter

Chantél wen ook AFSLAG en wel ter waarde van R1 000 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.) Sy ontvang ook die prys van Kwarts Publishers soos hierbo uiteengesit is.

Geen vierde plek word toegeken nie.

Baie dankie aan die borge van ons kompetisie Mariette Maartens van Jubel’nJuig en Kwarts Publishers. Ondersteun ons borge gerus.

En natuurlik die beoordelaars! Dit is beslis nie ‘n grap nie. Julle toewyding en regverdige oordeel word baie waardeer.

Jubel'nJuig

Jubel’nJuig

DSC_7311

Chantél Venter

DSC_7175

Frik Solms

New-up-Logo_01.jpg

 

Advertisements

5 Kommentaar

  1. Baie geluk aan vanjaar se wenners. Hoop daar kom nog baie vrug uit julle “penne”

    Like

  2. My goeie aarde! Baie geluk Frik en jy ook Chantél, met julle prestasie! Hoop van harte julle kom volgende jaar weer paradys toe, soos Frik sal sê!

    Like

  3. Henlie

    Ek wil baie geluk aan my broer, Frik Solms, sê. Ek is baie trots op hom.

    Like

  4. Marthie Botha

    Frik ons is so trots op jou!! Baie baie geluk.

    Manie en Marthie Botha. Zastron

    Like

  5. john.solms@gmail.com

    BAIE GELUK FRIK ! EK KAN NIE WAG OM DIE VERHALE TE LEES NIE
    BOET JOHN

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: