Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

8 – 12 DESEMBER 2014 – BEGINNERSKURSUS IN GAUTENG (Vir persone wat met Jan Tuisbly ry)

swart en wit boek ou boeke 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Op spesiale versoek word ‘n beginnerskursus vir 8 – 12 Desember 2014 in Gauteng aangebied. Die kursus sal in die Pretoria plaasvind. Die kursus vind op vyf dae plaas. So ‘n dag bestaan uit twee sessies:

  • Voor middagete: ‘n Voëlvlugblik oor sekere literêr teoretiese terme wat vir die skryf van verhale nodig is EN skryf-
    /vingeroefning sal ook deur die loop van die oggend gedoen word.
  • Na middagete: Verhale wat die vorige week geskryf is, word in ‘n simpatieke omgewing binne groepsverband bespreek.

Skrywers kan verseker wees: Ten opsigte van skryfoefeninge word daar beslis ver buite die spreekwoordelike boks gedink. Verhale wat tydens en na aanleiding van hierdie oefeninge geskryf is, is al vir publikasie aanvaar.

Skrywers moet daarom liefs nie met ‘n gedagte of idee vir ‘n nuwe verhaal opdaag nie. Dit kan dalk net die pret bederf.

DATUMS

8 – 12 Desember 2014

INHOUD

Al vorm die ou, bekende PNSkryfskool kursus die basis van die nuwe beginnerskursus, word die kursus saam met Die Skryfskool vernuwe. Die feit dat daar opvolgkursusse is en dat ander genres aangedurf word, het hierdie verandering genoodsaak.

AL die modules moet gedoen word.

Enige van die vorige PNSkryfskool studente is baie welkom om enkele van die modules by te woon teen R760-00 per Saterdag. 

MODULE 1: ONTWIKKELING VAN ‘N  GOEIE VERHAAL

  1. Storie-fonteine
  2. Die skryfproses
  3. Elemente van ‘n verhaal
  4. Intrige (Die bou van ‘n spannende storielyn).

MODULE 2: ONTWIKKELING VAN GELOOFWAARDIGE KARAKTERS

  1. Karakters in ‘n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakters en bykarakters.
  2. Konflik en spanning
  3. Verskillende vertellers
  4. Perspektief

MODULE 3: SKEP VAN ‘N GEPASTE ATMOSFEER

  1. Tyd
  2. Plek
  3. Atmosfeer
  4. Wys teenoor vertel
  5. Navorsing

MODULE 4: KEN DIE MARK

  1. Tema
  2. Boodskap
  3. Mark: Uitgewers, tydskrifte, aanlynpublikasies, self-publikasie

MODULE 5: TEKSVERSORGING, REDIGERING EN AFRONDING

  1. Gebruik taal as instrument reg
  2. Tegniese versorging van ‘n manuskrip
  3. Redigering
  4. Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek
  5. Hardkoppigheid … kan jou skrywerskippie laat sink.

Skrywers gaan elke dag twee verhale moet skryf. Aan die einde van die kursus gaan die skrywer dus twaalf kortverhale voltooi hê wat bykans vir publiaksie gereed sal wees.

KOSTES

Die kursus kos R3 800 en vir die bedrag kry jy:

  • Kursusmateriaal
  • Lekker koffie, tee en sap deur die loop van die dag
  • ‘n Ligte eetdingetjie (soos ‘n kolwyntjie/botterbroodjie) vir ontbyt
  • Lekker middagete
  • Laatmiddag sonde (soos koek of tert)
  • Vyf kortverhale en vyf kort-kortverhale wat byna gereed is vir publiksie (met ander woorde tien klaar verhale en baie idees vir nuwe verhale)
  • Nuwe vriendskappe

Betaling kan per EFT,  kontant of  bankdeposito geskied. Gewoonlik verlang ons ‘n deposito van R1 900, maar afbetaling in twee, drie of vier paaiemente kan gereël word. Afbetaling kan ook net geskied as ‘n skrywer twee, drie of vier maande voor die aanvangsdatum registreer. 

Die enigste vereiste is: Die volle bedrag moet met die aanvang van die kursus betaal wees of betaal word.

Die deposito word verbeur sou ‘n skrywer nie opdaag nie of nie die afbetalingsooreenkoms nakom nie. Persone wat sewe dae voor die aanvang van die kursus kanselleer of wat tydens die kursus dit laat vaar, sal steeds verantwoordelik gehou word vir die betaling  van die volle bedrag.

REGISTRASIE

Vir hierdie kursus sal net VIER “inhuis” skrywers aanvaar word. Skrywers wat op ander dorpe woon, kan ook vir die kursus inskryf en dit as korrespondensie-kursus met behulp van e-posse  doen. DRIE student kan op hierdie manier inskryf, Een persoon het reeds vir die kursus geregistreer.  Moet daarom nie huiwer om in te skryf nie.l

Skrywers moet teen 1 Desember 2014 registreer.  Laat registrasie kan slegs teen ‘n addisionele fooi van R150 – 00 aanvaar word.

Vul die ingeslote registrasievorm in deur die volgende skakel te volg. ‘n Kwotasie word daarna aan u gestuur waarop al die bankbesonderhede verskyn. Slegs wanneer u die kwotasie geteken en die volle deposito (of ten minste R1 000 – 00 daarvan) betaal het, sal u as geregistreer beskou word.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: