Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

SPESIALE AANBIEDING! Skryf nou in vir die beginnerskursus aanlyn en bespaar.

ou boeke 2Vir persone wat nie in en on Gauteng woon nie, word die beginnerskursus ook aanlyn aangebeid. Vanaf 1 – 31 Oktober 2014 word afslag van R500 aangebeid. Die aanbod is net geldig vir die tydperk soos vermeld is en ook net op nuwe registrasies van toepassing.

Persone wat van hierdie aanbod gebruik wil maak, kan ongelukkig nie die afbetaal-opsie gebruik nie.

In die kursus  word ’n voëlvlugblik gee oor sekere literêr teoretiese terme wat vir die skryf van verhale nodig is. Daar word  ook oefeninge gegee wat die skrywer op sy/haar eie tyd doen. Aan die einde van elke module ontvang die skrywer opdragte om ten minste twee verhale te skryf. Hierdie verhale word deur die kursusleier gelees, beoordeel en volledige terugvoer word gegee.

Skrywers kan verseker wees: Ten opsigte van skryfoefeninge word daar beslis ver buite die spreekwoordelike boks gedink. Verhale wat tydens en na aanleiding van hierdie oefeninge geskryf is, is al vir publikasie aanvaar.

Skrywers moet daarom liefs nie met ‘n gedagte of idee vir ‘n nuwe verhaal opdaag nie. Dit kan dalk net die pret bederf.

INHOUD

Al vorm die ou, bekende PNSkryfskool kursus die basis van die nuwe beginnerskursus, word die kursus saam met Die Skryfskool vernuwe. Die feit dat daar opvolgkursusse is en dat ander genres aangedurf word, het hierdie verandering genoodsaak.

AL die modules moet gedoen word.

Enige van die vorige PNSkryfskool-studente is baie welkom om enkele van die modules  te doen teen R550-00 per module. 

MODULE 1: ONTWIKKELING VAN ‘N  GOEIE VERHAAL

  1. Storie-fonteine
  2. Die skryfproses
  3. Elemente van ‘n verhaal
  4. Intrige (Die bou van ‘n spannende storielyn).

MODULE 2: ONTWIKKELING VAN GELOOFWAARDIGE KARAKTERS

  1. Karakters in ‘n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakters en bykarakters.
  2. Konflik en spanning
  3. Verskillende vertellers
  4. Perspektief

MODULE 3: SKEP VAN ‘N GEPASTE ATMOSFEER

  1. Tyd
  2. Plek
  3. Atmosfeer
  4. Wys teenoor vertel
  5. Navorsing

MODULE 4: KEN DIE MARK

  1. Tema
  2. Boodskap
  3. Mark: Uitgewers, tydskrifte, aanlynpublikasies, self-publikasie

MODULE 5: TEKSVERSORGING, REDIGERING EN AFRONDING

  1. Gebruik taal as instrument reg
  2. Tegniese versorging van ‘n manuskrip
  3. Redigering
  4. Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek
  5. Hardkoppigheid … kan jou skrywerskippie laat sink.

Skrywers gaan met elke module twee verhale moet skryf. Aan die einde van die kursus gaan die skrywer dus twaalf kortverhale voltooi hê wat bykans vir publiaksie gereed sal wees.

KOSTES

Die kursus kos R3 000 (min R500 tot 7 Oktober 2014) en vir die bedrag kry jy:

  • Kursusmateriaal
  • Ses kortverhale en ses kort-kortverhale wat byna gereed is vir publiksie (met ander woorde tien klaar verhale en baie idees vir nuwe verhale)
  • Baie nuwe vriendskappe

Betaling kan per EFT,  kontant of  bankdeposito geskied. Gewoonlik verlang ons ‘n deposito van R1 500 (spesiale aanbod: R1 250), maar afbetaling in twee, drie of vier paaiemente kan gereël word. 

Die enigste vereiste is: Die volle bedrag moet met die aanvang van Module 4 betaal wees of betaal word.

Die deposito word verbeur sou ‘n skrywer nie opdaag nie of nie die afbetalingsooreenkoms nakom nie. Persone wat sewe dae voor die aanvang van die kursus kanselleer of wat tydens die kursus dit laat vaar, sal steeds verantwoordelik gehou word vir die betaling  van die volle bedrag.

REGISTRASIE

Vul die ingeslote registrasievorm in deur die volgende skakel te volg. ‘n Kwotasie word daarna aan u gestuur waarop al die bankbesonderhede verskyn. Slegs wanneer u die kwotasie geteken en die volle deposito (of ten minste R1 000 – 00 daarvan) betaal het, sal u as geregistreer beskou word.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: