Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Skryfkompetisie 2015 van stapel gestuur

Daar is baie persone wat graag skryf en wat daarvan droom om te publiseer, maar meer as die helfte weet nie wat om met hulle teks te doen nie of waarheen om te gaan om terugvoer te kry nie. Om aan kompetisies deel te neem, is ‘n goedkoop, effektiewe manier om jou skryfwerk aan terugvoer te onderwerp. 

Die doel van die kompetisie is om vir nuwe skrywers wat nog nie by ʼn erkende uitgewer uitgegee het nie, ook ʼn kans te gee om hulle skryftalent te ontwikkel.

 TEMAS

Die skrywer kan sy eie tema kies.

 KATEGORIEË

  • Kategorie A – Kortverhale van 800 – 1500 woorde,
  • Kategorie B – Kort-kortverhale van 100 – 750 woorde en
  • Kategorie C – Vonkverhale 15 – 90 woorde.

VEREISTES

DEELNEMERS MOET VIR KATEGORIE A EN B INSKRYF en dit tel as een inskrywing. Vir Kategorie C kan twee verhale vir ‘n addisionele R35 ingeskryf word.

Elke inskrywing moet dus ʼn kort-kortverhaal 100 – 750 woorde, asook ʼn langer kortverhaal van maksimum 800 – 1 500 woorde insluit. As die deelnemers nie aan hierdie vereiste voldoen nie, gaan hulle inskrywing gediskwalifiseer word.

Deelnemers kan ook addisionele vonkverhale, kort-kortverhale of kortverhale instuur teen ʼn laer inskrywingsfooi. Sien reëls vir besonderhede.

 PRYSE

Algehele eerste plek

AFSLAG ter waarde van R1 800 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)

Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 1 800 woorde is.

Kategorie A

Eerste plek

AFSLAG ter waarde van R1 500 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)

Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 1 600 woorde is.

 Tweede plek

AFSLAG ter waarde van R1 000 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit.

 Derde plek                            

AFSLAG ter waarde van R500 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit.

Kategorie B

Eerste plek 

AFSLAG ter waarde van R1 100 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)

Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 750 woorde is.

 Tweede plek 

AFSLAG ter waarde van R900vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit.

Derde plek                            

AFSLAG ter waarde van R400 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit.

Kategorie C

Eerste plek

AFSLAG ter waarde van R750 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)

Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 90 woorde is.

 Tweede plek

AFSLAG ter waarde van R500 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit.

Derde plek                            

AFSLAG ter waarde van R200 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit.

 Bykomend sal die algehele wenner en die kategorie-wenners pryse van Kwarts Publishers ontvang. Besonderhede van hierdie pryse word later bekend gemaak.

 Neem kennis.

Geen van bogenoemde pryse sluit reis- en verblyfkostes in nie.

Pryswenners is self daarvoor verantwoordelik.

REËLS

  1. Maak seker dat u presies weet wat die reëls van hierdie kompetisie is aangesien inskrywings gediskwalifiseer sal word indien die reëls verontagsaam word.
  2. Alle verhale moet getik en dan elektronies ingehandig word.
  3. Deelnemers moet seker maak dat hulle aan hierdie belangrike vereiste voldoen. Die lengte van die skryfstukke is:

KATEGORIEË

Kategorie A – Kortverhale van 800 – 1500 woorde,

Kategorie B – Kort-kortverhale van 100 – 750 woorde en

Kategorie C – Vonkverhale 15 – 90 woorde.

  1. Enige skrywer ouer as 18 jaar kan aan die kompetisie deelneem.
  2. Indien ʼn deelnemer reeds by ʼn erkende uitgewer (Lapa, Human en Rossouw, ens.) gepubliseer het, mag hy/sy nie aan hierdie kompetisie deelneem nie.
  3. Die inskrywing moet in AFRIKAANS
  4. Die inskrywings moet die eie oorspronklike werk van die outeur wees.
  5. INSKRYWINGSFOOI: Elke inskrywing (w.s. een kort-kortverhaal en een kortverhaal) moet vergesel wees van ’n inskrywingsvorm en inskrywingsfooi ter waarde van R95.00 (vyf en sewentig rand). Vir elke addisionele verhaal wat u naas hierdie verhale instuur, moet u ’n addisionele inskrywingsfooi van R35 per verhaal betaal. Inskrywings vir kategorie C kos ook R35, maar twee verhale kan daarvoor ingeskryf word. M.a.w. as u een inskrywing en twee addisionele verhale inskryf, word die inskrywingsfooi as volg bereken: R95 + (2x R35) = R165
  6. BETALING van inskrywingsfooi geskied in die vorm van internet oorbetaling of kontant inbetalings by die bank soos op die inskrwyingsvorm gespesifiseer word. Indien u kontant oorbetaal, moet u 1% bankkoste van die totaal wat u inbetaal byreken. Bankbesonderhede asook ander vorme van betaling word op die inskrywingsvorm aangetoon.
  7. Waar van toepassing, sal deelnemers sal alle manuskripte elektronies terug ontvang sodat die kommentaar van die beoordelaars waarop verskyn gelees kan word. Elke beoordelaar moet ook ’n beoordelingsblad instuur waarop punt toegeken word en kommentaar ingevul word.
  8. Die deelnemer se naam mag slegs op die inskrywingsvorms verskyn en nie op die verhale self nie. Bring egter die volgende in die regterhoek bo aan: ………/2015sodat ’n nommer aan u verhaal toegeken kan word. Onthou: Dit word anoniem aan keurders voorgelê.
  9. Langs die titel moet ook die aantal woorde tussen hakies aangedui word: bv. (795 woorde).
  10. Alle kortverhale moet in dubbelspasiëring en in ’n leesbare lettertipe van minstens 12 pt grootte getik word. ’n Eenvoudige lettertipe soos ‘Arial’ of ‘Times New Roman’ word aanbeveel.
  11. Geen handgeskrewe inskrywings word aanvaar nie.
  12. Verhale moet in MSWord voorgelê word sodat beoordelaars kommentare en aanbevelings in die “Review Mode” kan aanbring.
  13. Sluitingsdatum vir alle inskrywings is 30 April 2015. Inskrywings wat daarna ontvang word, sal nie aanvaar kan word nie.
  14. Stuur alle inskrywings met bewys van betaling aan: skryfbesigheid@outlook.com Ontvangs sal per e-pos erken word.
  15. Geen inskrywings mag direk aan enige van die organiseerders oorhandig word nie. Die organiseerders kan ook nie verantwoordelik gehou word vir inskrywings wat verlore raak nie.
  16. Alle inskrywings word aan onafhanklike beoordelaars voorgelê. Elke beoordelaar het sy eie unieke manier van beoordeel, maar u sal terugvoering ontvang.
  17. Die beoordelaars en/of organiseerders behou die reg voor om sommige of al die pryse nie toe te ken nie, sou die standaard van die inskrywings dit nie regverdig nie of daar enige ander rede mag ontstaan.
  18. Die tyd vir beoordeling word bepaal deur die aantal inskrywings wat ontvang word. Daar word gepoog om die wenners teen einde Julie/Augustus 2015 bekend te maak. Alle wenners sal per epos of faks verwittig word, waarna uitslae op ons Facebook blad en Blog bekend gemaak sal word.
  19. Skrywers wat al voorheen aan hierdie kompetisie deelgeneem het, mag weer inskryf.
  20. Skrywers mag die diens van ‘n professionele taalpraktisyn gebruik vir inskrywings van hierdie kompetisie.

Rig alle navrae aan Trudy Erasmus faks (086 245 2671) of per e-pos skryfbesigheid@outlook.com

vrou voor rekenaar

 

Advertisements

1 Kommentaar

    Trackbacks

    1. GROOT pryse vir skryfkompetisie ontvang | Die Skryfbesigheid

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

    Connecting to %s

    %d bloggers like this: