Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

GROOT pryse vir skryfkompetisie ontvang

Skryfskool-logo.jpgDie pryse wat hier genoem word, vervang GEEN van die pryse wat reeds aangekondig is nie.

Om meer oor die kompetisie en ander pryse uit te vind, volg die skakel.

ALGEHELE WENNERS

EERSTE PLEK

Tien  dae vakansie by Uvongo aan die KwaZulu-Natal (Suidkus)

TWEEDE PLEK

Vyf dae vakansie by dieselfde plek.

Die toekenning van die prys is onderhewig aan die volgende voorwaardes:

  • Slegs twee persone mag gaan en ongelukkig word geen kinders onder twaalfjaar toegelaat nie.
  • Die prys kan slegs buite seisoen geneem word. Indien wenners binne seisoen vakansie wil neem, sal die skenker van die prys (Frik Solms)  die helfte van die normale tarief betaal en die wenners die ander helfte. Hierdie reëling kan slegs getref word indien die woonstel beskikbaar is.
  • Pryse moet binne een jaar nadat die wenners aangekondig is, gebruik word anders word die prys verbeur.
  • Datums waarop die wenner die prys wil gebruik, is onderhewig aan beskikbaarheid van die woonstel vir die duur van die vakansie.
  • Datums waarop die vakansie geneem wil word, moet aaneenlopend wees.
  • Slegs klere, eie eet- en drinkgoed asook toiletbenodigdhede hoef saamgebring word. Hierdie items, asook skoonmaakdienste word van die prys UITGESLUIT en is vir die wenner se eie rekening.

Meer oor die woonstel:

  • Die woonstel is op die grondvloer en slegs 300 m vanaf die hoofstrand.
  • Slegs die teerpad skei die woonstel en die see.
  • Verder is dit slegs 3 km van Margate, 2 km van Manaba en 5 km vanaf St Michaelstrand.
  • Vier persone kan daar bly, maar vir die doeleindes van hierdie kompetisie mag slegs twee persone daar woon.
  • Daar is DSTV.
  • Die woonstel is ten volle toegerus.
  • Skoonmaakdienste vir eie rekening beskikbaar.

KATERGORIE-WENNERS

Die drie kategorie-wenners wen elk ‘n gratis nag verblyf van Jubel’nJuig Selfsorgeenheid, Dwarskersbos (Weskus).

Toekenning van hierdie prys is onderhewig aan die volgende voorwaardes:

  • Die prys is slegs vir een persoon wanneer daar vyf of meer dae by Jubel’nJuig bespreek is.
  • Die prys moet binne twaalf maande vanaf die wenners aangekondig is, gebruik word.

Volg die skakel om meer oor Jubel’nJuig uit te vind of om ‘n bespreking te maak.

Jubel'nJuig

Jubel’nJuig

Jubel'nJuig is 'n klipgooi van die strand af

Jubel’nJuig is ‘n klipgooi van die strand af

Advertisements

6 Kommentaar

  1. Marietjie Wentzel

    Baie dankie aan die borge! Julle maak inskrywings die moeite werd. Dis ‘n voorreg om julle aan boord te hê.

    Like

  2. baie goeie pryse!

    Like

    • Skryf in, Seegogga! Stuur vir my ‘n 2-pos sodat ek die inskrywingsvorm kan aanstuur.

      Like

  3. Dit lyk so lekker. Wens ek kon so goed skryf!

    Like

    • Toortsie, natuurlik kan jy goed skryf. Miskien lyk dit nie so nie, maar ek lees baie graag jou blogs. Meeste van die keer sommer op my foon.

      Like

      • Baie dankie. Ek dink my skryfwerk is okay, maar ek kan nie so ‘toor’ met woorde nie. Ek skryf ‘n ding soos dit in my kop opkom, ek glo ek maak wel ‘n punt met wat ek wil sê, maar as daar verbeelding nodig is… dan raak ek weg. Maar baie baie dankie.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: