Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Word weer ’n woordmeester en woon ons werkwinkel by

Skryfskool-logo.jpg

Taal bly steeds die medium waardeur skrywers hulle verhale, gedagtes en drome laat lewe kry. Verskeie nuwelingskrywers het tydens ander skryfkursusse en werkwinkels die behoefte uitgespreek om hul skryfvaardigheid in Afrikaans op te skerp sodat hulle weer soos ware woordmeesters met hulle tekste kan omgaan. Volgens hierdie skrywers benadeel die neiging om deesdae net in Engels by die werkplekke te kommuikeer hulle skryfvaardighede in Afrikaans.

Die Skryfbesigheid bied op 21 Febrauarie 2015 ’n werkwinkel aan met die tema “Taal as instrument van skryf en die belangrikheid van redigering”. Die werkwinkel begin om 09:00 en duur tot 16:00. Roeteaanwysings na die plek waar die werkwinkel plaasvind, sal aan geregistreerde studente gekommunikeer word.

Dit kos R680-00 per persoon. Vir hierdie prys ontvang die skrywer:

  • Koffie/tee wat deurlopend beskikbaar is
  • Ligte verversings met registrasie
  • Ligte middagete
  • Ietsie soet en stout later in die middag
  • Kursusmateriaal
  • Skryfoefeninge
  • Baie wenke hoe om hul skryfwerk te laat skitter

Huidige ingeskrewe studente en oudstudente van Die Skryfbesigheid (en die voormalige Petru-Nell Skryfbesigheid) asook persone wat deur Kwarts Publishers verwys word, kry ’n heerlike afslag.

Tydens hierdie werkwinkel gaan die volgende onderwerpe behandel word:

  • Woordsoorte en woordorde
  • Spelling en spelreëls
  • Skryf- en leestekens
  • Dialoog
  • Paragrafering
  • Beeldspraak en stylfigure
  • Redigering en die versorging van ‘n manuskrip
  • Hulpmiddele beskikbaar
  • Benut die rekenaar ten volle

Plek vir slegs tien persone is beskikbaar. Registreer daarom voor of op 19 Februarie 2015 deur die elektroniese vorm hieronder in te vul of deur ’n e-pos (skryfbesigheid@outlook.com), faks (086 618 5211) of SMS/Whatsapp (072 210 4385) te stuur. Sluit u naam, e-posadres en waar u van die werkwinkel gehoor het, in wanner u per faks of SMS/Whatsapp navraag doen. Noem ook indien u een van Kwarts Publishers se skrywers, kliënte is of deur hulle na ons verwys is.

’n Deposito van 50% (nie terugbetaalbaar nie) van die kursusfooi is met registrasie betaalbaar.

 

 

Advertisements

3 Kommentaar

  1. scrapydotwo

    Het jul nie iets aanlyn nie?

    Like

    • Ek gaan die werkwinkel aanlyn ook aanbied. Ek sal beslis laat weer wanneer dit aanlyn beskikbaar is. Dit is een van die nuwe kursusse wat op die oomblik ontwikkel word.

      Like

      • scrapydotwo

        Lekker man. Dit sal gaaf wees

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: