Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Monthly Archives: April, 2015

Leedwese

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat een van ons skrywers, Amanda Claassens, vanmiddag haar skoonpappie aan die dood afgestaan het, Amanda, ons weet watter spesiale mens jou skoonpappie vir jou was. Mag jy, jou man, kinders en die hele familie troos in die Hemelse Vader se arms vind. Sterkte. Ons dink met liefde …

Lees voort

WENKE OM SELF JOU KINDERSTORIE TE REDIGEER

(voordat jy dit vir ’n professionele redigeerder/taalversorger aanstuur) geskryf deur Marietjie Wentzel, 27 Maart 2015 In die een of ander stadium sodra jy ’n deeglike konsep vir jou kinderboek het, moet jy die redigeringsproses begin. Hier volg ’n kort oorsig van opvallende punte wat jy in gedagte moet hou: (Volg die skakels om meer te lees …

Lees voort

KOM ONS SKRYF KINDERSTORIES (DEEL 3)

Waar begin ’n mens? Die mite dat dit die maklikste is om eerder kinderstories te skryf as stories vir groter kinders of selfs volwassenes, IS ’n mite. Dit is eintlik baie moeiliker om kinderstories te skryf. Hierdie stories vereis dieselfde volgorde van storielynbeplanning asook die dissipline om die storie teen ’n vinnige pas te laat …

Lees voort

Breek weg!

KOM SKRYF ʼn STORIE BY DIE SEE 3-10 Julie 2015 PLEK Natuurlik gaan ons weer vanjaar na Jubel’nJuig op Dwarskersbos aan die Weskus om daar ʼn karaktergedrewe storie te skryf. Daar gaan op ʼn verhaal gefokus word waar die verhaalgebeure uit karakterisering van die karakters ontstaan. Aan die einde van die kursus behoort die skrywer …

Lees voort