Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

WENKE OM SELF JOU KINDERSTORIE TE REDIGEER

(voordat jy dit vir ’n professionele redigeerder/taalversorger aanstuur)

geskryf deur Marietjie Wentzel, 27 Maart 2015

In die een of ander stadium sodra jy ’n deeglike konsep vir jou kinderboek het, moet jy die redigeringsproses begin. Hier volg ’n kort oorsig van opvallende punte wat jy in gedagte moet hou: (Volg die skakels om meer te lees oor die skryf van kinderverhale.)

  • Wanneer ’n sin nie bydra tot die plot of karakterontwikkeling nie, SKRAP.
  • Maak seker dat jou karakters nie almal eenders klink wanneer hulle praat nie.
  • As jy een of meer aaneenlopende bladsye het wat net dialoog bevat, is die kanse goed dat dit verkort moet word.
  • Wanneer die storie se plek/toneel of tyd verander, of wanneer jy ’n nuwe hoofstuk begin, verskaf kort oorgange om jou storie se gladde oorgang/verloop/aanbeweeg te verseker.
  • Maak seker dat die storie se pas bly beweeg van aksie tot aksie, toneel tot toneel, hoofstuk tot hoofstuk.
  • Sodra jy agterkom dat jy baie leestekens (!!!), HOOFLETTERS, kursief of vetgedrukte letters gebruik, is die kanse goed dat die woorde wat jy gebruik nie hard genoeg vir jou werk nie.
  • Wanneer jy een woord kan gebruik om twee of meer woorde te vervang, doen dit.
  • Wees versigtig om nie sommer in die middel van die storie die tyd (tense) te verander nie. As die storie in die teenwoordige tyd begin, hou dit deurgaans so. Wees konsekwent.
  • Wees bedag op die oormatige gebruik van byvoeglike naamwoorde, bywoorde en lang beskrywende paragrawe.
  • Sodra jy ’n standpunt/gesigspunt/oogpunt (point of view) vir ’n karakter gekies het, hou daarby.
  • As jou karakter teen die einde van die storie nie verander het nie, beteken dit dat hy nog nie ten volle uitgebou is nie.
  • As jou karakter met homself praat of dikwels hardop wonder, het hy ’n maatjie nodig om mee te gesels.
  • As jou karakter jou verveel, sal hy die leser ook verveel.
  • As jy nie jou storie in drie goedsaamgestelde sinne kan vertel nie: die eerste sin oor die begin, die tweede wat sinspeel op die klimaks (middel) en die laaste een wat skimp oor die slot, is jou storie dalk nog nie volledig nie.
  • Sodra jy agterkom dat jy te veel skryf omdat jy sukkel om te skryf wat jy wil sê, sit bietjie agteroor en sê dit hardop vir jouself, probeer dan weer.

Oorweeg dit baie sterk om in te skryf vir ons skryfkursus op Dwarskersbos van 3-10 Julie 2015 waar jy alles gaan leer oor karakterisering. Hou ons blog dop vir meer besonderhede. (Volg die skakel om meer oor die kursus te leer.)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: