Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

KOM VERKOOP JOU BOEKE BY ONS WERKWINKEL

Daar is plek by Die Skryfbesigheid se voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale vir skrywers om boeke uit te stal en te verkoop. Die voldagwerkwinkel vind op 31 Oktober 2015 by die Lapa van Hoërskool Voortrekker plaas. Klik hier om meer oor die werkwinkel te lees.

Alle inkomste uit die verkope bly die uitstaller s’n. Die Skryfbesigheid neem geen fooi daarvan nie, maar skrywers moet R100 uitstalfooi betaal. Indien die skrywer die werkwinkel bywoon, hoef hy/sy nie vir die verversings te betaal nie. ’n Fooi (vir etes en verversings) van R150 is betaalbaar vir elke persoon wat die stalletjie beman, maar nie die werkwinkel bywoon nie. So sal ’n skrywer wat twee persone by sy stalletjie het en nie een van die persone woon die werkwinkel by nie, R400 betaal vir die stalletjie en die etes. Iemand wat self sy stalletjie beman en die werkwinkel bywoon, sal R100 betaal.

Wie eerste registreer en betaal, kry eerste die geleentheid om te kies waar hul wil uitstal. Tafels en tafeldoeke word verskaf, maar die uitstallers is self verantwoordelik vir kleingeld, staanders, ligte en die boeke/materiaal wat hulle uitstal en verkoop.

Die Skryfbesigheid of Hoërskool Voortrekkerhoogte kan nie vir enige verliese of skade verantwoordelik gehou word nie; dit is die uitstaller se eie verantwoordelikheid.

Daar is beperkte plek beskikbaar en ons versoek skrywers om so spoedig moontlik te bespreek en hulle plek te bevestig. Registrasievorms is beskikbaar by Marietjie Wentzel skryfbesigheid101@gmail.com

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: