Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

TOEKOMSTIGE WERKWINKELS – SÊ JOU SÊ

Gister, 10 Oktober 2015, was weer een van Pretoria se warmste dae. Dit het ons nie verhoed om te woel en te werkskaf met woorde nie. Daar is met woorde getoor.

Die werkwinkel het oor perspektief en wys en vertel gehandel, maar kararkters, karakterisering en die skryf van terugflitse het ook lewendige bespreking uitgelok.

Henk Heslinga en Trudy Erasmus

Henk Heslinga en Trudy Erasmus

20151010_152224 (2)

Op die onsie is Jan de Bruin, Marietjie Wentzel, Danie du Plessis en Trudy Erasmus

20151010_152526 (2)

Jan de Bruin, Marietjie Wentzel en Trudy Erasmus

IMG_0003 (2)

Danie du Plessis

Aanvanklik sou net twee skrywers die werkwinkel bygewoon het, maar kort voor lank, het die twee tot vyf gegroei. (Een skrywer moes weens onvoorsiene teenspoed kort voor die aanvang onttrek.) Die voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale wat op 31 Oktober 2015 plaasvind, sal ons laaste werkwinkel van die jaar wees. (JA! Daar is nog plek by hierdie werkwinkel beskikbaar. Bespreek NOU plek!) 

Ons wil baie graag beplanning vir 2016 doen, maar skrywers moet asseblief vir ons sê watter onderwerpe is vir hulle belangrik. Voltooi asseblief meegaande meningsopname. Of stuur ‘n e-pos aan: skryfbesigheid@outlook.com of skryfbesigheid101@gmail.com met ander voorstelle. Baie dankie vir julle hulp.

 

Advertisements

1 Kommentaar

  1. bitterbossie

    Nog ‘n mylpaal bereik. Sterkte Trudy vir 31 Oktober. Ek gaan daar wees!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: