Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

VYFDE DWARSKERSBOS-KURSUS WORD 5-9 JULIE 2016 AANGEBIED

PLEK

Ons almal. Angelique Mouton, Elsabé Esterhuyse, Trudy Erasmus, Estelle Duvenhage (sittend) Michélle Steward, Mariette Maartens en Amanda Claassens (sittend)

Die eerste kursus is deur hierdie persone bygewoon. Angelique Mouton, Elsabé Esterhuyse, Trudy Erasmus, Estelle Duvenhage (sittend) Michélle Steward, Mariette Maartens en Amanda Claassens (sittend)

Vanjaar bied ons die vyfde skryfkursus aan by die mooie Weskus en soos al die ander kere by Jubel’nJuig, Dwarskersbos.

Navrae oor die beginnerskursus het ons laat besef dat daar ʼn groot behoefte onder skrywers is om die basiese teorie van skryf onder die knie te kry. Die beginnerskursus fokus op die skryf van kortverhale en alhoewel skrywers nie gedwing gaan word om tydskrifverhale te skryf nie, sal daar besondere aandag aan dié subgenre gegee word.

TOELATING
Enige persoon kan vir hierdie kursus inskryf. Geen voorafkennis, teoretiese studies of opleiding is vir hierdie kursus nodig nie. ’n Liefde vir skryf en die skep van ’n geloofwaardige fiktiewe wêreld is al wat nodig is.

KURSUSINHOUD
Die beginnerskursus en die aanlynkursus daarmee saam, is in 2014 vernuwe. Al vorm die bekende PNSkryfskool-kursus die basis van die nuwe beginnerskursus, is daar baie nuwe leerstof, opdragte en skryfoefeninge.

AL die modules moet gedoen word. Sommige van die modules gaan terwille van hierdie kursus op een dag aangebied word.

Daar word van die studente verwag om hier opdragte tuis te doen. Twee van die opdragte moet vooraf ingehandig word sodat medestudente die verhale vooraf lees en sinvolle kommentaar voorberei. Hierdie verhale word die eerste aand van die kursus in groepsverband bespreek.

MODULE 1: ONTWIKKELING VAN ‘N GOEIE VERHAAL
Storie-fonteine
Die skryfproses
Elemente van ‘n verhaal
Intrige (Die bou van ‘n spannende storielyn).

MODULE 2: ONTWIKKELING VAN GELOOFWAARDIGE KARAKTERS
Karakters in ‘n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakters en bykarakters.
Konflik en spanning
Verskillende vertellers
Perspektief

MODULE 3: SKEP VAN ‘N GEPASTE ATMOSFEER
Tyd
Plek
Atmosfeer
Wys teenoor vertel
Navorsing

MODULE 4: KEN DIE MARK
Tema
Boodskap
Mark
• Uitgewers
• Tydskrifte
• Aanlynpublikasies
• Self-publikasie

MODULE 5: TEKSVERSORGING, REDIGERING EN AFRONDING
Gebruik taal as instrument korrek
Tegniese versorging van ‘n manuskrip
Redigering
Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek
Hardkoppigheid kan jou skrywerskippie laat sink.

MODULE 6: KRITIEK
Hoe lewer ek kritiek?
Hoe hanteer ek kritiek?

Skrywers word versoek om nie met storie-idees by die kursus op te daag nie omdat die ontwikkeling van storie-idees ʼn belangrike deel van die kursus vorm.

BELANGRIKE DATUMS EN TYE
27 Junie 2016 – 23:00
Sluitingsdatum vir besprekings.

30 Junie 2016 – 23:00
Handig Opdrag 1 en 2 in en e-pos dit aan skryfbesigheid@outlook.com

1 Julie 2016 – 19:00
Opdrag 2 en 3 word aan studente versend.

5 Julie 2016
15:00 – 16:00
Inwonende studente registreer
17: 00 – 17:45
Ander studente registreer.
Koffie, tee en ligte verversings word bedien.
18:00
Handig opdrag 2 en 3 in.
Kursus begin met Modules 5 en 6.

KOSTES
Kursus

Vanjaar word die kursusfooi en die fooi vir akkommodasie/etes weer geskei.

Die kursuskoste is R3 200. ʼn Deposito van R1 600 is vooraf betaalbaar. Die res moet met registrasie betaal word.

Persone wat al voorheen by Die Skryfbesigheid kursus gedoen het, kry afslag op bogenoemde prys.

IMG_2860

Inwonende studente bly in weelde.

Akkommodasie en etes
Skrywers is nie verplig om in te slaap nie, maar persone wat wil inslaap, kan by Jubel’nJuig bespreek teen R225 per nag vir persone wat bereid is om te deel. Enkelverblyf is teen R325 per nag op aanvraag beskikbaar.

ALLE studente betaal die volgende fooie:
• Noenmaal/middagete (tee, koffie, vars vrugte en verversings ingesluit): R135 per persoon per dag.
• Skoonmaakdienste, aankoop van hout en elektrisiteit: R300 per persoon. (Hierdie bedrag word eenmalig betaal en word nie per dag uitgewerk nie.)

Aandetes is teen R65 per persoon per ete beskikbaar en moet vooraf bespreek word. Mariette Maartens van Jubel’nJuig sal vir elke student ʼn pasmaak kwotasie uitwerk.

Die student mag ʼn metgesel saambring. Die metgesel betaal nie vir die kursus nie, maar moet volprys vir die akkommodasie, etes, verversings en ander dienste betaal. Vooraf bespreking is uiters noodsaaklik.

Vervoer van en na die lughawe
Persone wat per vliegtuig, bus of trein reis, word vriendelik versoek om reisreëlings so te tref dat hulle 4 Julie 2016 in Kaapstad arriveer. Vervoer sal daarvandaan teen ʼn fooi beskikbaar wees. Kostes van Kaapstad na Dwarskersbos kan op hierdie wyse gedeel word. Terugreis na die lughawe sal op Dwarskersbos gefinaliseer word.

DEPOSITO
Gewoonlik vereis ons dat 50% van die kursusfooi as deposito betaal moet word, maar ons het dit goed gedink om skrywers die geleentheid te gee om dit in paaiemente van R500/R600/R700/R800/R1000 af te betaal solank die totale deposito teen 27 Junie 2016 betaal is. Elkeen moet die oorblywende fooi op die dag van registrasie verkieslik kontant betaal. Tref alle reëlings vir die afbetaal van die akkommodasie en etes direk met Jubel’nJuig.

Skrywers verbeur ALLE deposito’s (of fooie wat vooraf betaal is) indien hulle nie vir die kursus opdaag nie of kop uittrek. Baie onkostes word ter voorbereiding van die kursus aangegaan Daarom is kansellasiefooie wat gehef word, in alle gevalle daarvoor betaalbaar.

BESPREKING
Bespreking is NOODSAAKLIK en moet voor of op 27 Junie 2016 om 23:00 plaasvind. ’n Administratiewe fooi van R480 is betaalbaar vir elke laat bespreking na hierdie datum.

Gaan asseblief só te werk om te bespreek:
1. Stuur ’n e-pos, faks of sms aan Die Skryfbesigheid EN Jubel’nJuig waarin u ’n kwotasie aanvra.
2. Meld in u e-pos of sms:
a. Noemnaam en van.
b. U telefoonnommer en e-posadres.
c. Watter skryfkursusse u al bygewoon het.
3. Wag vir u kwotasie.
4. Betaal 50% van die kursusgeld en 50% van die verblyf en etes se geld, nadat u die skriftelike kwotasie en die registrasiedokument ontvang het.
5. Stuur bewyse van betaling en die ingevulde registrasievorm aan Die Skryfbesigheid en Jubel’nJuig.

REGISTRASIE VIR DIE KURSUS
Sien die paragraaf gemerk: BELANGRIKE DATUMS EN TYE

BRING SAAM
1. HIERDIE IS ’N VEREISTE, omdat ons die terugvoer elektronies gee en al die skryfwerk ook elektronies gedoen word. ’n Skootrekenaar en twee geheuestokkies.
2. ’n Eksamenblok en ander skryfbehoeftes soos bv. potlode, penne ens.
3. Koffie, tee, melk, suiker, beskuit, graankos of ander versnaperinge om u deur die nag te sien of om die ergste honger soggens voor die kursus te stil. Winkels is nie binne loopafstand van Jubel’nJuig af nie.
4. Warm baadjie, trui en ’n reënjas. (Ons maak elke dag vuur in die kaggel.)
5. Kamera of selfoon met ’n goeie kamera.
6. Chroniese medikasie.

BELANGRIK
Reis- en verblyfkostes na en van Dwarskersbos is die skrywer se eie verantwoordelikheid. Woensdagaand 6 Julie 2016 en Saterdagaand 9 Julie 2015 wanneer die kursus begin en afsluit sal ons aandete in

Sonsondergang op Dwarskersbos

Sonsondergang op Dwarskersbos

die Laaiplek Hotel of die Vishuis geniet. Die etes is vir die skrywer se eie rekening. Woensdagaand se ete is verpligtend omdat dit as ’n kenmekaar-aand dien. Saterdagaand wil ons graag die vyfjarige bestaan van die Dwarskersbos-kursus vier. Ons gaan probeer om soveel moontlik van die oudstudente ook daar te hê.

NAVRAE
Akkommodasie en etes: Jubel’nJuig
Mariette Maartens
Telefoon: 082 829 6372
E-pos:mariette.m@vodamail.co.za

House5.png

Jubel’nJuig

Straatadres
Pikkewyn Close 4
Kersbosstrand
Dwarskersbos
7365

GPS koördinate
Op aanvraag beskikbaar.

Kursus: Die Skryfbesigheid
Trudy Erasmus
Telefoon: 072 210 4385 of laat ʼn boodskap by 082 349 0533
Faks: 086 618 5211
E-pos: skryfbesigheid@outlook.com

 

Advertisements

4 Kommentaar

  1. Amanda Claassens

    Hallo Trudy

    Ek wens julle ‘n fantastiese kursus toe op Dwarskersbos!! Sal daardie twee geleenthede vir altyd koester, onvergeetlik.

    Liefdegroete

    Amanda

    Like

  2. Vir n beter venue en geselskap, kan mens nie vra nie. Daar word gewerk, gelag en geskerts dwarsdeur die hele kursus. Moenie eers twyfel om dit by te woon nie. Baie spesiaal.

    Like

  3. bitterbossie

    Lekker, lekker, lekker. Lekker bederf en bly. Heerlike kos. Vrolike geselskap. Heerlike skryfatmosfeer,-inligting en -bespreking. Arm as jy wegbly, ryk as jy gaan. Doen dit net!

    Like

Trackbacks

  1. HOEKOM SKRYF ONS? | Die Skryfbesigheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: