Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Anzel Mans debuteer met kortverhaalbundel

IMG_0097-1Die Skryfbesigheid wens hul oudstudent, Anzel Mans geluk met ‘n uitsonderlike prestasie, naamlik die publikasie van haar eerste bundel kortverhale “Komplimente van ‘n gypsy”.

Resensies

Liana Bosman – Gepubliseerde Skrywer

Anzel Mans skryf al vir jare, eers onder haar nooiensvan Gerber, en nou onder Mans. Al die verhale, humoristies of meer ernstig, het ’n storie agter die storie. Die meer ernstige verhale laat jou soms selfs ’n traan of twee pik. Die humoristiese verhale sny die humor baie fyn en is gelaai met pittigheid en karakters wat jou aan jouself laat dink. Hierdie bundel verhale beloof die om elke leser te boei tot aan dieverrassende einde en gaan jou dae later nog daaraan laat dink.Anzel Mans is een van die min skrywers wat weet hoe om emosie te wek wanneer sy met woorde toor.

Dineke Volschenk – Verhale Redakteur by Vrouekeur Tydskrif

Anzel Mans se stories is alles wat ’n mens van lekker lees verwag: dis vol humor, patos en onverwagse eindes. Hierdie is die soort boek wat ’n mens saam neem as jy gaan vakansie hou, en vir vriendinne as geskenk gee

Trudy Erasmus – Gepubliseerde skrywer en mentor van beginnerskrywers

“Komplimente van ʼn gypsy” is ʼn bundel kortverhale wat uit twee en twintig verhale van uiteenlopende temas bestaan. Vier van hierdie verhale word in die resensie uitgelig, bloot omdat dit nie prakties is om oor al die verhale te skryf nie.

Appel geskil is ʼn verhaal wat knap gestruktureer is. Dit laat spanning tot op die einde opbou. Leserssimpatie is so geskep dat die leser nie anders kan as om jammer vir die stomme hoofkarakter te voel nie. Hy het so ʼn goor dag dat hy sommer met ʼn appel aan die gesels raak. Dialoog vloei natuurlik en die leser vind dit vermaaklik. Veral die appel se dialoog is geesryk.

In Kragteloos wys Anzel haar vaardigheid om voortreflike humor te skryf. Die wyse waarop sy karakterisering hanteer, is in die kol en duidelik bydraend tot die moeilike situasie waarin die karakters hulle bevind. Hierdie is ʼn genotvolle verhaal wat die komiese situasies waarin persone (of paartjies) dikwels beland, smaakvol uitbeeld.

Met ʼn Happie koek stel die skrywer ons voor aan ʼn Noord-Kaapse gemeenskap. Sy gebruik die tipiese spreektaal van die gemeenskap effektief. Dit dra by tot die geloofwaardigheid van die verhaal. Hier lei ʼn ongelukkige voorval, gemeng met ʼn misverstand, tot ʼn ontmoeting tussen twee vreemdelinge wat – so word dit suggereer – mekaar later beter gaan leer ken.Voorblad

Weereens kry die skrywer dit reg om in Wit olifant ʼn alledaagse situasie uit te beeld en daardeur ʼn belangrike boodskap oor te dra. Die leser word in hierdie verhaal gekonfronteer met sosiale vraagstukke soos geldnood, armoede en hongerly. Nog ʼn keer kry die skrywer dit reg om hieroor te skryf sonder om swaarmoedig te raak of daaroor te teem. Haar unieke taalgebruik en styl spreek werklik tot die leser en tree in gesprek op hierdie manier met die leser se gewete.

Anzel Mans se styl, die wyse waarop haar verhale eindig en die verskeidenheid temas wat sy aanpak, maak dit die moeite werd om hierdie bundel wat deur Veerpen Uitgewers uitgegee word, aan te skaf en te geniet.

Bestellings

Die Skryfbesigheid neem ongelukkig nie self enige bestellings namens die skrywer nie.

Ondersteun asseblief nogtans ons skrywers en bestel die bundel teen R120 en wel van die volgende e-posadres word. malherbeheleen@gmail.com

Meld asseblief die titel van die boek, “Komplimente van ‘n Gypsey” en die skrywer se naam, Anzel Mans, om enige verwarring te voorkom

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: