Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

ALWYN TREDOUX DEBUTEER MET KINDERVERHAAL

Alwyn Tredoux

Die Skryfbesigheid het rede om te glimlag. ‘n Tweede oudstudent debuteer!

Dit was nog altyd ons uitgangspunt: Ons studente moet as skrywers groei sodat hulle kan debuteer.

Alwyn Tredoux het presies dit gedoen. Hy het volgehou om kursusse by te woon en aan kompetisies deel te neem tot waar hy vandag met sy eerste kinderverhaal, “Die dag toe ’n reënboog weggeraak het” in sy land kan staan.

Die boek is in volkleur gedruk en bestaan uit drie en vyftig bladsye. Die lettertipe is groot en die uitleg is van so aard dat ‘n tjokker wat nou net self begin reenbooglees het, dit maklik sal baasraak. Al is dit ‘n avontuurverhaal sal dogters dit ook geniet. Die boek sal ook geskik wees as volwassenes dit vir jonger kinders of kleinkinders wil voorlees.

Die illustrasie is kleurvol em prettig. Dit ondersteun die titel van die boek pragtig en selfs kleiner kinders sal dit geniet om die boek deur te blaai.

Aangesien hierdie ‘n avontuurverhaal is, is spanning baie belangrik. Die skrywer kry dit reg om die leser van die begin af gevange te hou en die geheim wat van
die reënboog geword het, bly tot by die klimaks ‘n geheim.

Nie alleen skets Alwyn sy karakters deur hulle handeling of dialoog nie, maar gebruik hy ander karakters om veral sy twee helde, Jack en Inspekteur van der Vrugt, volrond en kleurryk te teken. Dit is veral Jack wat so vol verwondering vir sy held is, dat hy duidelike swakhede van Inspekteur van der Vrugt rasionaliseer. Al is sommige name bietjie moeilik om uit te spreek – as mens die ideale leser in ag neem – hinder dit nie. Wat ‘n verligting dat Inspekteur nie as ’n tipiese super-held of stereotipie  geteken is nie, maar dat hy duidelik as lomp (en dalk ‘n bietjie lui) gewys word.

Taalgebruik is lig, geestig en humoristies. Klanknabootsing verryk die inhoud en spreek duidelik tot die verbeelding van die leser. Die skrywer maak op talle plekke in die verhaal van slim woordspeling gebruik. Soms is Jack se dialoog bietjie grootmensagtig, maar dit pla nie. Die leser vermoed die heeltyd dat Jack nie sommer ‘n gewone vyf- of sesjarige is nie. Dit word teen die einde bevestig as hy al die volwassenes uitoorlê.

Dit is duidelik dat Alwyn Tredoux ‘n begaafde skrywer is wat weet hoe om sy ryke verbeelding en taal in te span om ‘n suksesvolle verhaal te skep. As kortverhaalskrywer het Alwyn geleer dat elke woord tel en dat mens nie met woorde mors nie.

Ondersteun ons skrywers en bestel die boek direk van Alwyn Tredoux deur ‘n e-pos na alla.tredoux@mweb.co.za te stuur.

Die boek is deur Publishing World SA uitgegee.

Hou Vrouekeur en Huisgenoot dop vir Alwyn se kortverhale.

 

 

 

 

Advertisements

2 Kommentaar

  1. Marthie Potgieter

    Wonderlike nuus! En baie geluk aan hom.

    Groete, Marthie

    2016-07-31 17:03 GMT+01:00 Die Skryfbesigheid :

    > Die Skryfbesigheid posted: ” Die Skryfbesigheid het rede om te glimlag. ‘n > Tweede oudstudent debuteer! Dit was nog altyd ons uitgangspunt: Ons > studente moet as skrywers groei sodat hulle kan debuteer. Alwyn Tredoux het > presies dit gedoen. Hy het volgehou om kursusse by te woon en” >

    Like

Trackbacks

  1. ‘n Blink jaar vir Die Skryfbesigheid en hulle kliënte | Die Skryfbesigheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: