Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Oor ons

Hierdie blog is spesiaal vir jou as skrywer in gedagte, gemaak. Hier kom deel ons inligting oor skryfskole, werkswinkels, kompetisies en ander skryf-verwante dienste met julle. Ons deel ook graag met jou oudstudente van Die Skryfbesigheid se suksesse, sodat hulle jou weer opnuut kan inspireer en motiveer. Kom gesels saam met en word deel van Die Skryfbesigheid se skrywersgemeenskap!

Trudy Erasmus (links) en Marietjie Wentzel (regs) vorm die span van Die Skryfbesigheid

Trudy Erasmus (links) en Marietjie Wentzel (regs) vorm die span van Die Skryfbesigheid

Die span

MARIETJIE WENTZEL

Marietjie het in 1971 aan Hoërskool Ficksburg gematrikuleer en aan die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat (Kovsies) die graad BA Tale (hoofvakke Afrikaans en Nederlands en Suid-Sotho, met  Engels en Zulu addisioneel) behaal. Sy het van 1975-77 by Kovsies as Administratiewe Beampte in die taallaboratorium van die Departement Afrikatale gewerk en studente gehelp met veral Suid-Sotho taalgebruik en uitspraak. In Pretoria het sy by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing as proefleser en later Instituutsekretaris van die Instituut vir Geskiedenisnavorsing gewerk. Daarna het sy vir 17 jaar in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag as skakeloffisier  in korporatiewe kommunikasie gedien. Marietjie is sedert 2010 betrokke by Die Skryfbesigheid as taalversorger en beoordelaar vir die jaarlikse skryfkompetisie. Sy doen taalversorging in Afrikaans en Engels oor ’n wye spektrum vakgebiede en is tans as taalversorger by Universidad Empresarial Costa Rica in Suid-Afrika en by die Eenheid vir Reformatoriese Teologie, Fakulteit Teologie van die Noordwes Universiteit as taalversorger gelys.

TRUDY ERASMUS

Trudy het 1981 matriek aan Hoërskool Nylstroom geskryf, waarna sy BA (HOD) aan die Universiteit van Pretoria studeer het.  Sy het lank as skakeloffisier in korporatiewe kommunikasie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gedien en gee tans Afrikaans vir graad 11- en 12-leerders by Hoërskool Voortekkerhoogte. Van Trudy se kortverhale het in tydskrifte soos Huisgenoot, Landbouweekblad, Dit en Vrouekeur verskyn. Kortverhale wat Trudy geskryf het, is ook in die volgende bundels en joernale opgeneem: Senwes Joernaal, Pomp ‘08, Spekskiet en Grensoorlogstories. In haar vrye tyd bied Trudy skryfskole aan. Verskeie van haar studente se verhale is na voltooiing van hierdie kursusse gepubliseer. Sy bied jaarliks ’n gevorderde kursus op Dwarskersbos aan die Weskus aan. Trudy tree ook as groepleier op vir die ATKV Skryfskool se Herfsskool by Noordwes Universiteit waar sy skrywers in groepverband help om hulle eie tekste te slyp.

Advertisements

5 Kommentaar

  1. Daleen

    Halo!Ek wil graag deel wees van Petru Nell skryfbesigheid!

    Like

  2. Hello Trudy,
    Ek is regtig aangenaam verras oor die kwaliteit en die hoë standaard van hierdie Blog. Baie, baie dankie vir die uitnodiging om deel te wees van hierdie blad en dankie vir die heerlike skrywersskool van verlede jaar EN die volgende een wat paar maande weg is – hier op Dwarskersbos!!
    Mariette

    Like

    • Dankie vir jou gawe kommentaar, Mariette. Ek waardeer dit. Die tyd na einde Junie kan nie gou genoeg verbygaan nie. Ek is BAIE opgewonde oor ons NUUSBRIEF. Ek is daarmee klaar. Wag net vir Marietjie om dit te proeflees.

      Like

      • Ek sien ook baie uit na die nuusbrief! Lees, Marietjie 🙂

        Ek het die profiele van die ander drie skrywers gaan lees toe ek my profiel vir jou opgestel het; interessant gewees om te lees waar hulle skrywery sy oorsprong het – elkeen se storie verskil, dis net die liefde vir woorde wat mens in gemeen het.

        Kan ons nie ook ’n profiel van jou kry nie, Trudy?

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: