Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Category Archives: Algemeen

NUUSBRIEF

Twee belangrike sperdatums kom nou vinnig nader! Op 18 Maart 2017 sluit die inskrywings vir die novellekursus wat van 1 – 7 April 2017 op Christiana aangebied word. Persone wat nog wil inskryf moet baie vinnig van hulle laat hoor, want daar is nog net ‘n paar plekke beskikbaar en die belangstelling is GROOT. Volg …

Lees voort

‘n Blink jaar vir Die Skryfbesigheid en hulle kliënte

Dankie vir julle ondersteuning Saamgestel en geskryf deur Marietjie Wentzel Behalwe vir al die kursusse wat ons aangebied het en die teksredaksiedienste wat Die Skryfbesigheid gelewer het, is dit vir ons ʼn groot voorreg om enkele van ons kliënte se werk hier te noem. Ons is dankbaar saam met dr. Koos Marais oor Die Keiservoël …

Lees voort

TOORWOORDE – Ons eie saamgestelde kortverhaalbundel

Inleiding Ons nooi alle oudstudente en deelnemers aan Die Skryfbesigheid skryfkompetisies om vonkverhale, kortverhale en kort-kortverhale aan ons voor te lê vir moontlike publikasie in ’n bundel met die werktitel Toorwoorde. Tekste gaan nie voor die voet in die bundel ingesluit word nie. Keuring gaan daarom baie streng toegepas word. Besonderhede oor die vereistes en …

Lees voort

Nuus binnekort bekend gemaak

Die Skryfbesigheid gaan binnekort ‘n baie groot aankondiging maak. WAG! Dit is verkeerd. Verskeie aankondigings gaan binne die volgende paar weke hier gemaak word. Hou asseblief die spasie dop! Wie weet? Dalk gaan dit net soveel aandag as DIE verslag trek. Wie sal ooit weet? Loer binne die tas as jou nuuskierigheid die oorhand kry. …

Lees voort

SKRYFKURSUS VIR BEGINNERS IN GAUTENG AANGEBIED

Wou jy nog altyd skryf, maar jy weet glad nie waar om te begin nie? Goeie nuus! ʼn Skryfkursus vir beginners word in Pretoria aangebied. Wanneer word die kursus aangebied? 13 Augustus 2016 –22 Oktober 2016. Modules 1 – 3 word op 13, 20 en 27 Augustus 2016 aangebied. Studente bly dan vir die volgende …

Lees voort

HOEKOM SKRYF ONS?

Vir sommige van ons is dit geval van MOET skryf. Vandag het die volgende gedagte na my toe gekom: Skryf is die gom waarmee jy jou gebroke hart aanmekaar las. Later wanneer die gom nie meer nodig is om die stukke bymekaar te hou nie, word skryf die lappie waarmee jy die gomstrepe van jou …

Lees voort

OEPS! HET JY VERGEET OM TE REGISTREER? DAAR IS GOEIE NUUS

NOG GELEENTHEID OM VIR DIE VOLDAGWERKWINKEL TE REGISTREER Daar is besluit om die registrasie-sperdatum vir die voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale tot Vrydag 23 Oktober 2015 uit te stel. Daar is nog enkele plekke beskikbaar. Belangstellendes word vriendelik versoek om spoedig vir Marietjie Wentzel ‘n e-pos te stuur en wel by skryfbesigheid101@gmail.com. Sodra al …

Lees voort

KOM VERKOOP JOU BOEKE BY ONS WERKWINKEL

Daar is plek by Die Skryfbesigheid se voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale vir skrywers om boeke uit te stal en te verkoop. Die voldagwerkwinkel vind op 31 Oktober 2015 by die Lapa van Hoërskool Voortrekker plaas. Klik hier om meer oor die werkwinkel te lees. Alle inkomste uit die verkope bly die uitstaller s’n. Die …

Lees voort

Voldagwerkwinkel – Skryf van tydskrifverhale

Op 31 Oktober 2015 van 08:00 tot 16:00 hou ons ‘n voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale. TYDSKRIFVERHALE Tydskrifverhale bied aan nuwelingskrywers ’n unieke geleentheid om te publiseer. Al kan ’n skrywer oor ’n verskeidenheid temas skryf, verg die skryf van tydskrifverhale strawwe dissipline. Nuwelingskrywers trap dikwels ook klei met die temas van hulle verhale. Die …

Lees voort

2015 Skryfkompetisie

Die 2015 skryfkompetisie het amptelik gesluit. Die reaksie op die kompetisie was oorweldigend. Baie dankie aan almal wat ingeskryf het. Ons is veral opgewonde om te sien dat talle skrywers gretig ook vonkverhale ingeskryf het. Al sal ons dit by ‘n ander geleentheid ook doen, wil ons sommer nou al baie dankie sê aan al …

Lees voort