Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Category Archives: Bestel boeke

SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES

Hettie du Plessis het sewe sprokies nuut oorgeskryf en dit is deur Anna Emm Uitgewers op ʼn lekkerluister CD opgeneem. Die CD word amptelik op Vrydag 19 Mei bekendgestel. SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES bevat sewe geliefde kinderstories in maklike kindertaal, met lewendige byklanke om 2-5 jarige kleuters se luistervaardighede te ontwikkel. VOORAF-BESTEL jou CD hierdie …

Lees voort

OPERASIE GEBAKTE PERE

OPERASIE GEBAKTE PERE is ‘n lekkerlees, moderne jeugboek uit die pen van Anna Emm se nuutste skrywer, Hettie du Plessis. Illustrasies deur E. Lanie.

Lees voort

‘n Blink jaar vir Die Skryfbesigheid en hulle kliënte

Dankie vir julle ondersteuning Saamgestel en geskryf deur Marietjie Wentzel Behalwe vir al die kursusse wat ons aangebied het en die teksredaksiedienste wat Die Skryfbesigheid gelewer het, is dit vir ons ʼn groot voorreg om enkele van ons kliënte se werk hier te noem. Ons is dankbaar saam met dr. Koos Marais oor Die Keiservoël …

Lees voort

TOORWOORDE – Ons eie saamgestelde kortverhaalbundel

Inleiding Ons nooi alle oudstudente en deelnemers aan Die Skryfbesigheid skryfkompetisies om vonkverhale, kortverhale en kort-kortverhale aan ons voor te lê vir moontlike publikasie in ’n bundel met die werktitel Toorwoorde. Tekste gaan nie voor die voet in die bundel ingesluit word nie. Keuring gaan daarom baie streng toegepas word. Besonderhede oor die vereistes en …

Lees voort

ALWYN TREDOUX DEBUTEER MET KINDERVERHAAL

Die Skryfbesigheid het rede om te glimlag. ‘n Tweede oudstudent debuteer! Dit was nog altyd ons uitgangspunt: Ons studente moet as skrywers groei sodat hulle kan debuteer. Alwyn Tredoux het presies dit gedoen. Hy het volgehou om kursusse by te woon en aan kompetisies deel te neem tot waar hy vandag met sy eerste kinderverhaal, …

Lees voort

Anzel Mans debuteer met kortverhaalbundel

Die Skryfbesigheid wens hul oudstudent, Anzel Mans geluk met ‘n uitsonderlike prestasie, naamlik die publikasie van haar eerste bundel kortverhale “Komplimente van ‘n gypsy”. Resensies Liana Bosman – Gepubliseerde Skrywer Anzel Mans skryf al vir jare, eers onder haar nooiensvan Gerber, en nou onder Mans. Al die verhale, humoristies of meer ernstig, het ’n storie …

Lees voort

KOM VERKOOP JOU BOEKE BY ONS WERKWINKEL

Daar is plek by Die Skryfbesigheid se voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale vir skrywers om boeke uit te stal en te verkoop. Die voldagwerkwinkel vind op 31 Oktober 2015 by die Lapa van Hoërskool Voortrekker plaas. Klik hier om meer oor die werkwinkel te lees. Alle inkomste uit die verkope bly die uitstaller s’n. Die …

Lees voort

“Jou geliefde” – liefdesgedig deur Wikus Hattingh

Jou geliefde Kyk na die horison, dan sien jy hom staan. Sterk is sy bolyf, geëts teen die maan. Hy kyk in jou rigting en sien jou traan. Die verlange na jou, plaas hom in ‘n waan.   Hy wil na jou kom, hy wil jou vashou Maar die kloof is te groot, jý moet …

Lees voort