Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Category Archives: Gedigte

Die Skryfbesigheid Skryfkompetisie 2017

Die Skryfbesigheid het besluit om ‘n blaaskans te neem ten opsigte van die skryfkompetisie. Daarom was daar 2016 nie ‘n kompetisie gewees nie. Na vele navrae het ons besluit om die kompetisie na ander genres uit te brei. Gedigte, essays, sketse en vertellings word by vanjaar se kompetisie ingesluit. Al word die kompetisie na hierdie …

Lees voort

“Jou geliefde” – liefdesgedig deur Wikus Hattingh

Jou geliefde Kyk na die horison, dan sien jy hom staan. Sterk is sy bolyf, geëts teen die maan. Hy kyk in jou rigting en sien jou traan. Die verlange na jou, plaas hom in ‘n waan.   Hy wil na jou kom, hy wil jou vashou Maar die kloof is te groot, jý moet …

Lees voort

Nuwe e-titels binnekort beskikbaar van Kwarts.co.za

Wanneer die Yskoningin smelt – deur Kietz Hierdie liefdesroman is die sesde boek uit die pen van skrywer Kietz. Die heldin, Ciska, is ‘n enigste kind en sy werk by haar pa se regsfirma. Haar skoonheid en skerp verstand maak dat sy goed vorder in die lewe en goeie geleenthede kry. Sy word deur ‘n …

Lees voort

VONKERS HERLEWE

Die Skryfbesigheid het so ‘n tydjie gelede aangekondig dat ons skrywers kans gaan gee om kortverhale en gedigte wat nêrens anders ‘n tuiste vind nie, vir ons te stuur. Ons het die eerste gedig geplaas. Volg hierdie skakel om daar uit te kom. http://vonkers.wordpress.com/2014/05/16/stillewe/ Dis reg. Voorheen het ons in Vonkers kortverhale geplaas wat geskryf …

Lees voort

60 WOORDE OM Sê IN DIALOOG TE VERMY

saamgestel deur Marietjie Wentzel 1. Aandik: “Ja dit is baie spokerig daar,” dik sy aan. 2. Aandring: “Kom asseblief saam,” dring hy by haar aan. 3. Aanmerking maak: “Ek glo nie dis waar nie,” maak hy die aanmerking. 4. Antwoord: “Ek sal graag saamgaan,” antwoord sy. 5. Begin: “Kom ons kyk … ” begin sy …

Lees voort

Plasing van kortverhale en gedigte

Ons nooi skrywers uit om vir ons kortverhale en gedigte van GOEIE gehalte in te stuur wat hulle nêrens anders gepubliseer kry nie. Tydskrifte plaas nie gedigte nie en jy stel nie noodwendig daarin belang om ‘n bundel saam te stel nie, maar wil graag hê iemand moet dit lees. Stuur dit aan ons. Soms …

Lees voort