Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Category Archives: Kinderboeke

SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES

Hettie du Plessis het sewe sprokies nuut oorgeskryf en dit is deur Anna Emm Uitgewers op ʼn lekkerluister CD opgeneem. Die CD word amptelik op Vrydag 19 Mei bekendgestel. SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES bevat sewe geliefde kinderstories in maklike kindertaal, met lewendige byklanke om 2-5 jarige kleuters se luistervaardighede te ontwikkel. VOORAF-BESTEL jou CD hierdie …

Lees voort

OPERASIE GEBAKTE PERE

OPERASIE GEBAKTE PERE is ‘n lekkerlees, moderne jeugboek uit die pen van Anna Emm se nuutste skrywer, Hettie du Plessis. Illustrasies deur E. Lanie.

Lees voort

‘n Blink jaar vir Die Skryfbesigheid en hulle kliënte

Dankie vir julle ondersteuning Saamgestel en geskryf deur Marietjie Wentzel Behalwe vir al die kursusse wat ons aangebied het en die teksredaksiedienste wat Die Skryfbesigheid gelewer het, is dit vir ons ʼn groot voorreg om enkele van ons kliënte se werk hier te noem. Ons is dankbaar saam met dr. Koos Marais oor Die Keiservoël …

Lees voort

ALWYN TREDOUX DEBUTEER MET KINDERVERHAAL

Die Skryfbesigheid het rede om te glimlag. ‘n Tweede oudstudent debuteer! Dit was nog altyd ons uitgangspunt: Ons studente moet as skrywers groei sodat hulle kan debuteer. Alwyn Tredoux het presies dit gedoen. Hy het volgehou om kursusse by te woon en aan kompetisies deel te neem tot waar hy vandag met sy eerste kinderverhaal, …

Lees voort

WENKE OM SELF JOU KINDERSTORIE TE REDIGEER

(voordat jy dit vir ’n professionele redigeerder/taalversorger aanstuur) geskryf deur Marietjie Wentzel, 27 Maart 2015 In die een of ander stadium sodra jy ’n deeglike konsep vir jou kinderboek het, moet jy die redigeringsproses begin. Hier volg ’n kort oorsig van opvallende punte wat jy in gedagte moet hou: (Volg die skakels om meer te lees …

Lees voort

KOM ONS SKRYF KINDERSTORIES (DEEL 3)

Waar begin ’n mens? Die mite dat dit die maklikste is om eerder kinderstories te skryf as stories vir groter kinders of selfs volwassenes, IS ’n mite. Dit is eintlik baie moeiliker om kinderstories te skryf. Hierdie stories vereis dieselfde volgorde van storielynbeplanning asook die dissipline om die storie teen ’n vinnige pas te laat …

Lees voort

KOM ONS SKRYF KINDERSTORIES (DEEL 2) – saamgestel deur Marietjie Wentzel

  Waarna soek die meeste uitgewers deesdae? Kinderverhale is by uitstek ’n genre waarin pret en kreatiwiteit moet seëvier. Daarom soek uitgewers na • tekste wat teikenmark gerig is; • skrywers wat die teikenmark ken; • presies weet vir wie hy/sy skryf; asook • oorspronklikheid. Praktiese skryfwenke Noudat jy sekerlik ’n hele klomp kinderstories gelees, …

Lees voort

KOM ONS SKRYF KINDERSTORIES (DEEL 1) – saamgestel Marietjie Wentzel

Baie voornemende skrywers dink dit is makliker om met die skryf van kinderstories te begin en dan “op te gradeer” na kortverhale en later moontlik ’n roman of twee. Inteendeel, dis baie moeiliker om kinderstories te skryf. “Een van die voor die hand liggendste feite oor grootmense, is dat hulle al vergeet het hoe dit …

Lees voort