Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Category Archives: Ons skrywers prestreer

SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES

Hettie du Plessis het sewe sprokies nuut oorgeskryf en dit is deur Anna Emm Uitgewers op ʼn lekkerluister CD opgeneem. Die CD word amptelik op Vrydag 19 Mei bekendgestel. SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES bevat sewe geliefde kinderstories in maklike kindertaal, met lewendige byklanke om 2-5 jarige kleuters se luistervaardighede te ontwikkel. VOORAF-BESTEL jou CD hierdie …

Lees voort

OPERASIE GEBAKTE PERE

OPERASIE GEBAKTE PERE is ‘n lekkerlees, moderne jeugboek uit die pen van Anna Emm se nuutste skrywer, Hettie du Plessis. Illustrasies deur E. Lanie.

Lees voort

‘n Blink jaar vir Die Skryfbesigheid en hulle kliënte

Dankie vir julle ondersteuning Saamgestel en geskryf deur Marietjie Wentzel Behalwe vir al die kursusse wat ons aangebied het en die teksredaksiedienste wat Die Skryfbesigheid gelewer het, is dit vir ons ʼn groot voorreg om enkele van ons kliënte se werk hier te noem. Ons is dankbaar saam met dr. Koos Marais oor Die Keiservoël …

Lees voort

TOORWOORDE – Ons eie saamgestelde kortverhaalbundel

Inleiding Ons nooi alle oudstudente en deelnemers aan Die Skryfbesigheid skryfkompetisies om vonkverhale, kortverhale en kort-kortverhale aan ons voor te lê vir moontlike publikasie in ’n bundel met die werktitel Toorwoorde. Tekste gaan nie voor die voet in die bundel ingesluit word nie. Keuring gaan daarom baie streng toegepas word. Besonderhede oor die vereistes en …

Lees voort

ALWYN TREDOUX DEBUTEER MET KINDERVERHAAL

Die Skryfbesigheid het rede om te glimlag. ‘n Tweede oudstudent debuteer! Dit was nog altyd ons uitgangspunt: Ons studente moet as skrywers groei sodat hulle kan debuteer. Alwyn Tredoux het presies dit gedoen. Hy het volgehou om kursusse by te woon en aan kompetisies deel te neem tot waar hy vandag met sy eerste kinderverhaal, …

Lees voort

Anzel Mans debuteer met kortverhaalbundel

Die Skryfbesigheid wens hul oudstudent, Anzel Mans geluk met ‘n uitsonderlike prestasie, naamlik die publikasie van haar eerste bundel kortverhale “Komplimente van ‘n gypsy”. Resensies Liana Bosman – Gepubliseerde Skrywer Anzel Mans skryf al vir jare, eers onder haar nooiensvan Gerber, en nou onder Mans. Al die verhale, humoristies of meer ernstig, het ’n storie …

Lees voort

VYFDE DWARSKERSBOS-KURSUS WORD 5-9 JULIE 2016 AANGEBIED

PLEK Vanjaar bied ons die vyfde skryfkursus aan by die mooie Weskus en soos al die ander kere by Jubel’nJuig, Dwarskersbos. Navrae oor die beginnerskursus het ons laat besef dat daar ʼn groot behoefte onder skrywers is om die basiese teorie van skryf onder die knie te kry. Die beginnerskursus fokus op die skryf van …

Lees voort

2015 Skryfkompetisie

Die 2015 skryfkompetisie het amptelik gesluit. Die reaksie op die kompetisie was oorweldigend. Baie dankie aan almal wat ingeskryf het. Ons is veral opgewonde om te sien dat talle skrywers gretig ook vonkverhale ingeskryf het. Al sal ons dit by ‘n ander geleentheid ook doen, wil ons sommer nou al baie dankie sê aan al …

Lees voort

Eerste Romanza vir Petronel Louw gepubliseer

Ons loop oor van trots. Petronel Louw is een van ONS studente. Haar eerste Romanza is September 2014 finaal deur Lapa vir publikasie aanvaar. Dit sal eersdaags op winkelrakke beskikbaar wees. In ‘n Whatsapp-boodskap aan Die Skryfbesigheid sê Petronel: “Ek het so baie by Die Skryfbesigheid geleer en kon my manuskrip na wense tegnies versorg …

Lees voort

GROOT pryse vir skryfkompetisie ontvang

Die pryse wat hier genoem word, vervang GEEN van die pryse wat reeds aangekondig is nie. Om meer oor die kompetisie en ander pryse uit te vind, volg die skakel. ALGEHELE WENNERS EERSTE PLEK Tien  dae vakansie by Uvongo aan die KwaZulu-Natal (Suidkus) TWEEDE PLEK Vyf dae vakansie by dieselfde plek. Die toekenning van die prys is …

Lees voort