Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Category Archives: Uitgewers

SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES

Hettie du Plessis het sewe sprokies nuut oorgeskryf en dit is deur Anna Emm Uitgewers op ʼn lekkerluister CD opgeneem. Die CD word amptelik op Vrydag 19 Mei bekendgestel. SPROKIES VIR KLEIN OORTJIES bevat sewe geliefde kinderstories in maklike kindertaal, met lewendige byklanke om 2-5 jarige kleuters se luistervaardighede te ontwikkel. VOORAF-BESTEL jou CD hierdie …

Lees voort

OPERASIE GEBAKTE PERE

OPERASIE GEBAKTE PERE is ‘n lekkerlees, moderne jeugboek uit die pen van Anna Emm se nuutste skrywer, Hettie du Plessis. Illustrasies deur E. Lanie.

Lees voort

‘n Blink jaar vir Die Skryfbesigheid en hulle kliënte

Dankie vir julle ondersteuning Saamgestel en geskryf deur Marietjie Wentzel Behalwe vir al die kursusse wat ons aangebied het en die teksredaksiedienste wat Die Skryfbesigheid gelewer het, is dit vir ons ʼn groot voorreg om enkele van ons kliënte se werk hier te noem. Ons is dankbaar saam met dr. Koos Marais oor Die Keiservoël …

Lees voort

TOORWOORDE – Ons eie saamgestelde kortverhaalbundel

Inleiding Ons nooi alle oudstudente en deelnemers aan Die Skryfbesigheid skryfkompetisies om vonkverhale, kortverhale en kort-kortverhale aan ons voor te lê vir moontlike publikasie in ’n bundel met die werktitel Toorwoorde. Tekste gaan nie voor die voet in die bundel ingesluit word nie. Keuring gaan daarom baie streng toegepas word. Besonderhede oor die vereistes en …

Lees voort

PROJEKTE 2017

‘n Vinnige blik op beplande projekte vir 2017. Meer besonderhede oor die projekte volg binnekort.

Lees voort

ALWYN TREDOUX DEBUTEER MET KINDERVERHAAL

Die Skryfbesigheid het rede om te glimlag. ‘n Tweede oudstudent debuteer! Dit was nog altyd ons uitgangspunt: Ons studente moet as skrywers groei sodat hulle kan debuteer. Alwyn Tredoux het presies dit gedoen. Hy het volgehou om kursusse by te woon en aan kompetisies deel te neem tot waar hy vandag met sy eerste kinderverhaal, …

Lees voort

Anzel Mans debuteer met kortverhaalbundel

Die Skryfbesigheid wens hul oudstudent, Anzel Mans geluk met ‘n uitsonderlike prestasie, naamlik die publikasie van haar eerste bundel kortverhale “Komplimente van ‘n gypsy”. Resensies Liana Bosman – Gepubliseerde Skrywer Anzel Mans skryf al vir jare, eers onder haar nooiensvan Gerber, en nou onder Mans. Al die verhale, humoristies of meer ernstig, het ’n storie …

Lees voort

SKRYFKURSUS VIR BEGINNERS IN GAUTENG AANGEBIED

Wou jy nog altyd skryf, maar jy weet glad nie waar om te begin nie? Goeie nuus! ʼn Skryfkursus vir beginners word in Pretoria aangebied. Wanneer word die kursus aangebied? 13 Augustus 2016 –22 Oktober 2016. Modules 1 – 3 word op 13, 20 en 27 Augustus 2016 aangebied. Studente bly dan vir die volgende …

Lees voort

HOEKOM SKRYF ONS?

Vir sommige van ons is dit geval van MOET skryf. Vandag het die volgende gedagte na my toe gekom: Skryf is die gom waarmee jy jou gebroke hart aanmekaar las. Later wanneer die gom nie meer nodig is om die stukke bymekaar te hou nie, word skryf die lappie waarmee jy die gomstrepe van jou …

Lees voort

OEPS! HET JY VERGEET OM TE REGISTREER? DAAR IS GOEIE NUUS

NOG GELEENTHEID OM VIR DIE VOLDAGWERKWINKEL TE REGISTREER Daar is besluit om die registrasie-sperdatum vir die voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale tot Vrydag 23 Oktober 2015 uit te stel. Daar is nog enkele plekke beskikbaar. Belangstellendes word vriendelik versoek om spoedig vir Marietjie Wentzel ‘n e-pos te stuur en wel by skryfbesigheid101@gmail.com. Sodra al …

Lees voort