Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Category Archives: Uitspanplekke vir skrywers

GROOT pryse vir skryfkompetisie ontvang

Die pryse wat hier genoem word, vervang GEEN van die pryse wat reeds aangekondig is nie. Om meer oor die kompetisie en ander pryse uit te vind, volg die skakel. ALGEHELE WENNERS EERSTE PLEK Tien  dae vakansie by Uvongo aan die KwaZulu-Natal (Suidkus) TWEEDE PLEK Vyf dae vakansie by dieselfde plek. Die toekenning van die prys is …

Lees voort

SLEGTE NUUS – Vervolgverhaalkursus – INSKRYWINGS SLUIT OOR SEWE DAE

Ons het slegte nuus … Inskrywings sluit eers oor sewe dae, maar ons kan ongelukkig nie meer inslaap-student inneem nie. Dit beteken dat ons nog studente sal toelaat tot die kursus, maar dat ons net nie meer slaapplek sal kan aanbied nie. Persone van die omgewing kan dus nog inskryf. Anders moet jy vir jou …

Lees voort

VERVOLGVERHAALKURSUS OP DWARSKERSBOS – nog net drie plekke beskikbaar

Inskrywings vir die vervolgverhaalkursus, wat van 3 – 11 Julie 2014 op Dwarskersbos aangebied word, sluit eers oor  ‘n maand, maar daar is nog net drie plekke beskikbaar. Persone wat belangstel om saam te gaan, moet spoedig  plek bespreek. Moenie die kans van ‘n lewe misloop nie! Stuur ‘n e-pos aan Trudy as jy meer …

Lees voort

Die Skryfbesigheid bied ’n vervolgverhaalkursus op Dwarskersbos aan 3 – 11 Julie 2014

Let wel: Hier is ‘n nuwe plasing, want die pryse vir etes en verblyf het verander. Vanjaar gaan daar weer ’n skryfkursus op Dwarskersbos aangebied word. Tydens hierdie kursus gaan die skrywers ’n volledige vervolgverhaal, wat uit ses hoofstukke bestaan, skryf. Kenmerke van die spanningsverhaal en liefdesverhaal gaan ook tydens die kursus bespreek word. TOELATING …

Lees voort

Wenner! Wenners! Wenners

Geluk aan al ons wenners. Julle het die mense met die brille en die baie penne laat kopkrap. Hier is dit dan: Eersteprys:Gratis novellekursus: Mariette Maartens (Kjenners en koeimis!) Tweedeprys: 50% afslag op die novellekursus: Amanda Claassens  (Drie vir die eet.) Derdeprys: 40% afslag op enige ander diens wat PNS aanbied: Mariette Maartens (Vissers van nasies)  …

Lees voort

Maart Nuusbrief

Uiteindelik! Maart Nuusbrief kan gelees word deur die volgende skakel te volg: https://www.dropbox.com/home/Nuusbriewe Dit is al amper weer tyd vir die volgende een en die een kom nou eers uit. Ongelukkig het ons tegniese probleme gehad wat ons nou kom oplos. Laat weet wat julle dink.

Lees voort

Die Dwarskersbosskryfkursus lewer NOG ‘n gepubliseerde skrywer op

Vrydag het ons gehoor dat nog ‘n verhaal wat tydens die Dwarskersbosskryfkursus geskryf  is, vir publikasie deur VROUEKEUR aanvaar is. Elsabe Esterhuyse, van Laaiplek, het die kursusgangers ( en veral die kursusleier) uitasem van die lag gehad met al haar Weskusstories, maar die een wat nou die kroon span op al haar harde werk, is Die Rooi …

Lees voort

’N KURSUS OOR DIE SKRYF VAN KORTVERHALE WORD IN STUTTERHEIM AANGEBIED

’n Kursus oor die skryf van kortverhale word vanaf 31 Maart – 6 April 2013 by die Lavender Leisure Country House (Stutterheim) aangebied. ’n Kursus is ontwikkel om nuwe skrywers te help slyp aan hulle eie skryfwerk. Aspekte soos storielyn, konflik, karakters, verteller, die bou van tonele en dialoog word behandel. Trudy Erasmus, wat verlede …

Lees voort

Ons maak nog ‘n tassie oop!

Almal wat gedink het, tyd vir geskenke uitdeel is verby, dink weer! Later vanmiddag maak ons weer ‘n tassie oop waarin daar ‘n lekker verrassing vir ‘n Oos-Kaapse dorpie is. Om presies te wees, dis … Wag! Sal ek nou ‘n pretbederwer wees? Nooit nie! Wag tot later. Julle sal betyds kennis kry om nader …

Lees voort

Die eerste tassie is oop!

KOM ONS SKRYF ‘N NOVELLE: 30 JUNIE 2013 – 6 JULIE 2013 Skrywers vra nou al lank dat ons die BEGINNERSKURSUS  met nog ‘n kursus opvolg. Die besluit is gemaak; die reëlings getref. Ons gaan ‘n novelle (of ten minste meer as die helfte van die novelle) binne ses dae skryf. Die kursus, in die vorm …

Lees voort