Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Heildronke, artikels, toesprake en ander skryfwerk

Gaan jy trou?

Moet jy voor mense praat?

Ons kan help!

Behalwe dat ons navorsing vir artikels, heildronke en toesprake doen, help ons ook met die skryf daarvan.

Ons skryf artikels, heildronke, toesprake en stel bestuursopsommings op.

Ons kan ongelukkig nie toesprake skryf wat vir kompetisies of eksamens voorgedra moet word nie. Ons kan egter help met navorsing oor die onderwerp of om gepaste aanhalings te soek en met die redigering van die toespraak. Ons standpunt is dat die leerder die geleentheid gegee moet word om sy/haar kreatiwiteit te openbaar en dan kan ons help met die afronding daarvan.

Kostes verbonde aan die skryf van artikels, heildronke, toesprake en bestuursopsommings, beloop R1 – 50 tot R2 – 00 per woord. Hierdie glyskaal word gebruik omdat nie alle skryfwerk ewe eenvoudig is nie. ’n Administrasiefooi van tussen 15 en 20 persent (van die totale rekening) word gehef en ’n 50 persent deposito word verlang voordat daar enigsins iets geskryf sal word.

Gee asseblief ten minste TIEN dae speling vir die skryf van enige heildronk of toespraak. Toesprake op kort kennisgewing sal onderworpe wees aan ‘n addisionele heffing.

Dit is moeilik om vooraf vir die kliënt te sê hoeveel ’n skryfstuk gaan kos. Daarom is dit ’n kliënt se verantwoordelikheid om op die vorm  aan te dui hoeveel woorde daar geskryf mag word. Volg die volgende skakel om by die genoemde vorm uit te kom.

https://pnskryf.wordpress.com/kontak-ons/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: