Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Kursusse en werkswinkel

ALGEMEEN

Skryfkursusse word nie net in Gauteng (Pretoria) aangebied nie, maar ook op ander stede of dorpe  

DWARSKERSBOS

2015 is geen uitsondering nie. Ons gaan weer Dwarskerbos toe om daar vir week lank saam te werk. Klik op hierdie skakel om alles oor die kursus te lees.

Bespreek sommer vandag nog omdat plek BEPERK is en daar reeds baie belangstelling is.

Graphic2

Mooi strand – Dwarskersbos

Jubel'nJuig het die tuiste van skryfkursusse geword.

Jubel’nJuig het die tuiste van skryfkursusse geword.

 

______________________________________________________________

BEGINNERS EN AANLYNKURSUSSE

Datums van Skryfkursusse

Daar word ‘n kursus in Gauteng (Pretoria) aangebied vanaf 30 Augustus 2014 vir die daarop volgende Saterdae.

Volg hierdie skakel om verdere inligting van  die skryfkursus te bekom.

Studente is welkom om ʼn aanlynkursus te skeduleer na oorlegpleging met die kursusleier.

KOSTES VIR DIE AANLYNKURSUS

Elke module kos R680 per kursusganger. Hiervoor ontvang die kursusganger die kursusmateriaal en volledige terugvoer op al die tekste wat voorgelê word. Dit werk dus as volg uit: 5 X R680 = R3 400.

’n Deposito van R1 700 moet voor die registrasiedatum betaal word. (Dit is 50% van die totale bedrag.) Hierdie deposito is nie terugbetaalbaar nie en word verbeur indien die kursusganger nie met die kursus aangaan nie of kanselleer.

’n Reëling om die fooi in vier paaiemente af te betaal, kan ook getref word. In hierdie geval moet 25% van die totale bedrag binne sewe dae na die aanvaarding van die kwotasie betaal word. Nog 25% moet teen die datum waarop die kwotasie verval betaal word. Die res van die bedrag kan ook in twee paaiemente betaal word en wel teen begin van die tweede en die vierde module.

Let wel: Die aalynkursus se prys verskil van ‘n inhuiskursus, omdat daar ander kostes aan verbonde is.

Hoe om te registreer:

  • Vul asb. onderstaande vorm in.
  • Kursusganger sal ’n faktuur ontvang.
  • Sodra die deposito betaal is, sal die kursusganger as geregistreer beskou word. (Geen skriftelike aanvaarding sal gestuur word nie.)

Algemene inligting

  • Slegs tien persone word per kursus toegelaat.
  • Groepwerk is baie belangrik daarom moet skrywers bereid wees dat medekursusgangers hul tekste lees en daarop kommentaar lewer. Skrywers moet ook bereid wees om medestudente se werk te lees en opbouende kommentaar daarop te lewer. Indien ’n kursusganger nie hiertoe instem nie, sal die kursusganger nie tot die kursus toegelaat kan word nie.

Kursusinhoud

Onderwerpe van modules is vasgestel. Die sub-onderwerpe kan na gelang van behoefte effens gewysig word.

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: