Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Amanda Claassens

Amanda het nie van kleintyd af ’n skryfdroom gehad nie. Sy het weliswaar, aangestig deur ’n oom van haar, op ’n keer ’n kortverhaal aangedurf, maar nie verder as ’n paragraaf of twee gevorder nie. Dit was egter juis hierdie storievonk wat vorm gekry het in die verhaal ’n Blom wat stom is, wat in 2012 aangewys is as die wenner in Pnskryf se eerste verhalekompetisie.

In 2011/12 volg sy ’n aanlynkursus in algemene kreatiewe skryfkuns onder leiding van Janie Oosthuysen, en woon in Julie 2012 Pnskryf se weeklange kortverhaalkursus op Dwarskersbos by. Tydens hierdie kursus, aangebied deur Trudy Erasmus, word twee verhale gebore wat deur Vrouekeur aanvaar is vir publikasie. Die eerste daarvan, ’n humoristiese verhaal, Die losprys, het verskyn op 1 Feb 2013. Op 21 Junie 2013 verskyn Die barber se moeilikheid.

Waar ambisie eindig verskyn op 25 Oktober 2013, en ‘n Storie kry ‘n stert word in die Vrouekeur uitgawe van 28 Februarie 2014 gepubliseer.

In November 2013 wen Drie vir die eet Vrouekeur se webwerfkompetisie vir die maand.

Amanda het in Maart 2013 Carpe Diem se geestelike fiksie werkswinkel bygewoon, want dit is in hierdie genre waar sy graag sal wil werk, dalk selfs ’n roman aanpak. In Julie 2013 het sy die novellekursus op Dwarskersbos bygewoon.

Ander publikasies in haar jong skryfloopbaan:

  • 3 gedigte in die GHA bundel: Stemme uit die Suiderland VI
  • ’n Kort-kortverhaal in Piekfyn Afrikaans, Gr 6 Eerste addisionele taal, uitgegee deur Best Books.
  • ‘n Bydrae in Kuier Tydskrif se rubriek, “Wat die hart van vol is”, van 9 Oktober 2013
  • Sy werk as korttermynversekeringsmakelaar, is getroud en het twee volwasse dogters, waarvan een getroud is, en het ook ’n kleindogter van een jaar oud. Sy is aktief betrokke in haar gemeente, behartig die begeleiding en voorsang, en doen graag fotoplakwerk (scrapbooking). Sy lees graag, veral geestelike fiksie, en is ’n aktiewe lid van die Vriende van die Kempton Park Biblioteke.

    Besoek gerus Amanda se blog. http://www.penpunt.wordpress.com

    3 Kommentaar

    1. ‘n Vriendin om op trots te wees, geluk Amanda met jou prestasies, hoop daar gaan nog baie mooi stories uit jou pen kom 🙂

      Like

    2. Pragtig my kosbare vriendin! xx

      Like

    3. Ek is dankbaar dat daar intussen nog ‘n kleindogter bygekom het. Hulle is twee en byna vier, en punte van my hart

      Like

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

    Connecting to %s

    %d bloggers like this: