Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Anzel Mans

anzelAnzel is een van die eerste skrywers wat deur Die Skryfbesigheid se skryfskole gevorm is. Van kleintyd af was sy mal oor stories en om stories self op te maak. Dit was egter eers gedurende haar hoërskoolloopbaan dat sy, onder leiding van ’n baie goeie Afrikaanse taalonderwyseres, meer aandag aan haar skryfwerk kon gee.

In 2003 het sy vir die eerste keer  aan die ATKV Woordwoekeraars-kompetisie deelgeneem, waarna sy elke jaar ’n prys losgeslaan het. Na ’n lang stilte, het sy weer in 2009 vir die ATKV Woord en Aksievreugd- kompetisie ingeskryf, waar sy as finalis in die kortverhaalkategorie aangewys was. In 2010 het sy die algehele tweede plek in hierdie kompetisie behaal.

Sy het in 2009 vir die eerste keer ’n skryfskool by Die Skryfbesigheid (Toe Petru-Nell Skryfbesigheid) bygewoon en daarna ook ‘n hele reeks werkswinkels voltooi. In Maart 2010 is haar eerste kortverhaal deur die Landbouweekblad vir publikasie aanvaar  Die kortverhaal, Fees van die pampoenpitte, is een van die eerste verhale wat sy by ’n PNSkryf Werkswinkel geskryf het, wat  vir publikasie aanvaar is. Daarna het sy aanhou skryf en meer skryfskole bygewoon wat haar skryfwerk verder geslyp het.

In 2011 het sy begin skryf as deel van Vrouekeur se span skrywers. Haar kortverhale word vinnig deur die verhaalredakteur opgeraap en die lesers is mal oor die trant en styl van haar werk. Nog verhale verskyn eersdaags in die tydskrif, sommige het weereens hulle oorsprong uit een van die werkswinkels wat sy in 2010 en 2011 bygewoon het.

Haar raad aan alle voornemende skrywers is: “Moet nooit moed opgee nie. Die teleurstelling is groot as jou “hartskrywes” nie vir publikasie aanvaar word  nie, ek weet. Sulk ’n bietjie as jy moet, maar dan staan jy op en gaan sit weer voor die rekenaar en skryf. Aanhouer wen. Jy kan dit doen. As jy net in jouself begin glo.”

Die volgende kortverhale is in die Vrouekeur gepubliseer:

    • LENTE: 8 April 2011
    • OULAP SE ROOI: 6 Mei 2011
    • RISSIEPIET: 13 Mei 2011 (Geskryf by die Werkswinkels)
    • DIE PADSTAL: 24 Junie 2011
    • WIT OLIFANT: 1 Julie 2011 (Geskryf by die werkswinkels)
    • GYPSIE: 16 September 2011
    • ONGEWONE MARTELING: 30 September 2011
    • APPELGESKIL: 16 November 2011 (Geskryf by die werkswinkels)
    • BOEMERANG: 16 Desember 2011
    • PRESENTJIE: 6 Januarie 2012
    • KOLWYNTJIE: 20 April 2012
    • BOEMELAAR: 4 Mei 2012
    • VLINDERSOENE: 8 Junie 2012
    • AFFODILLE VIR ZENNA: 9 Julie 2012 (Geskryf by ‘n PNSkryf Skryfskool)
    • DIE ROOI BANKIE: 24 November 2012
    • WENRESEP: 2 November 2012
    • TJOEKA-TREIN: 16 Augustus 2012
    • ‘N KRISMISBOOM VIR PAPPA: 14 Desember 2012
    • OMKEERBAAR: 8 Maart 2013
    • TATOE OP MY HART: 5 April 2013
    • ‘N HAPPIE KOEK – 13 Junie 2014
    • BLOU KERSFEES – 26 Desember 2014
    • KRAGTELOOS – 2 Oktober 2015

In 2012/2013 het Anzel vir Pronk, ’n e-bundel met ‘n versameling van hierdie reeds gepubliseerde en splinternuwe kortverhale, deur Boekemakranka laat publiseer. Hierdie bundel was op verskeie platforms, soos Leserskring, Amazon en Kalahari.com beskikbaar. Later in 2013 is een van Anzel se kortverhale, Rykdom, ingesluit in ‘n liefdadigheidsbundel, My kort vir jou Sop, wat ook deur Boekemakranka uitgereik is. Hierdie bundel was vir ‘n geruime tyd beskikbaar by Kalahari.com, Amazon en Leserskring.

Haar nuutste kortverhaalbundel, Komplimente van ‘n Gypsy, is in 2016  deur Killian en Malherbe Uitgewers uitgegee en bevat ‘n versameling van haar kortverhale as deel 1 van 2 bundels – Die tweede bundel sal in 2017 beskikbaar wees.

Komplimente van ‘n Gypsy kan bestel word deur vir Heleen Malherbe ’n e-pos na malherbeheleen@gmail.com te stuur of om vir Anzel by anzel.mans@gmail.com ‘n e-pos te stuur.

Bo en behalwe haar kreatiewe skryfwerk, het Anzel in 2015 begin om Engelse handboeke te skryf vir die TVET Kollege sektor, uitgegee deur Oxford University Press SA en Seyfferdt Publishers. Hierdie titels sluit in:

    • Personnel Training N5 Textbook: Oxford University Press SA – Publication date: March 2016
    • Personnel Training N6 Textbook: Oxford University Press SA – Publication date: June 2016
    • Introduction To Personnel Management N4 Textbook: Seyfferdt Publishers – Publication date: January 2016
    • Personnel Management N4 Textbook: Seyfferdt Publishers – Publication date: January 2016
    • Personnel Management N5 Textbook: Seyfferdt Publishers – Publication date: July 2016
    • Personnel Management N6 Textbook: Seyfferdt Publishers – Publication date: December 2016

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: