Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Chenél Pieterse-Boyle

Chenél is ’n kreatiewe siel en het die leesgogga van kleintyd af gehad. Tot vandag toe lees sy ’n boek ’n week. Sy het in 2008 ’n prys gekry van AKTV Woordwoekerlaars om ’n 5-week kursus van PNSkryf Skryfskool by te woon.

Sy publiseer haar eerste gedig in 2008. ’n Jaar later verskyn 50 van haar gedigte in die digbundel Katarsis en vele meer in ander digbundels. Sy was ook ’n top 20 finalis in 2009 vir die SAWC Short Story Awards. In 2010 is sy aangewys as een van die finaliste van Sanlam se Groot Romanwedstryd 2009. Sy is ook die Kortverhaal Kategorie wenner van AKTV Aksie & Woordvreugde 2010.

Haar eerste kortverhaal word binne die volgende maand in die Vrouekeur gepubliseer en tans is sy besig om aan haar spanningsroman te werk.

Vir ontspanning skilder sy graag, speel klassieke kitaar en werk voltyds as familie- en troufotograaf. Besoek gerus www.chenelphoto.co.za

Haar raad aan alle voornemende skrywers is: “Skryf is nie ’n talent nie, dit is ’n vaardigheid wat jy moet ontwikkel. Enige iemand kan dit doen as hulle regtig wil. Gryp die geleentheid!”

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: