Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Liana Bosman


Liana het vroeg in haar lewe al begin skryf, met ’n potlood en ’n ou skoolskrif. In 2009 het sy PNskryf skryfskool op die internet ontdek en sy het dadelik ingeskryf. Twee van haar verhale het uitgestaan as die beste humoristiese kort-kort verhaal en beste kort verhaal. Humor is vir haar ’n lekker genre.

Sy het nog PNskryf werkswinkels en ander skryfskole bygewoon en is besig met ’n roman vir die NB Uitgewers se groot roman kompetisie.

Haar eerste kortverhaal het in die 8 Julie 2011 uitgawe van die Vrouekeur verskyn , en sy is besig met die verwerking van nog wat sy binnekort sal instuur vir keuring.

Liana is ook lief vir lees en beveel dit aan vir alle voornemende skrywers. “Die beste ding wat ek geleer het, was om jou werk hardop te lees voor jy dit wegstuur vir keuring. Op daardie manier tel jy baie vinnig klein foutjies op, wat uitgeskakel kan word.”

Reeds gepubliseerde stories:

  • Sakkie Patats – 8 Julie 2011
  • Elfponder vir jou liefde – 23 Desember 2011
  • Kronieke uit Lottie se kombuis – 13 Januarie 2012

 

Advertisements

2 Kommentaar

  1. Baie geluk, my droom is ook om eendag ‘n kortverhaal of iets te publiseer. Ek gaan defnitief ook by Petru-Nell skryfskool se deur aanklop.

    Like

  2. Wilhelmina Potgieter

    Geluk met jou prestasies Liana, ek hoop jou roman word aanvaar vir die NB kompetisie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: