Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Redigering en proeflees

Redigering begin by jou as skrywer, net na voltooiing van jou manuskrip. Skrywers dink dikwels ’n redigeerder kan die herskryf van ’n teks, sommer na die eerste deurskryf behartig. Dit is egter die skrywer se plig om die herskryf van die verhaal of dokument waar te neem. 

Eers daarna kom die redigeerder as objektiewe persoon om dit te fynkam deur te kyk na spelling, leestekens, taalkonstruksie, styl, konsekwentheid, vloeibaarheid, gladde opeenvolging van paragrawe en hoofstukke, verband en in akademiese of meer formele dokumente ook na inhoudsopgawe, bibliografie, struktuur, duidelikheid van feite, ensovoorts.
’n Bietjie raad met eie eerste redigering:

  • Kry eerstens bietjie afstand, slaap daaroor.
  • Om meer objektief daarna te probeer kyk (want jy is oorbekend met die verhaal), kan jy die lettertipe, grootte van lettertipe en spasiëring verander. Jy kan dit ook uitdruk, want jy sien dikwels foute beter raak op dié manier. Probeer jou werk deur die oë van jou leser lees.
  • Let veral op na erhaling, vloeibaarheid, spelling, leestekens en korrekte feite.
  • Doen net kort gedeeltes op ’n slag anders verloor jy konsentrasie.
  • Wanneer jy tevrede voel, stuur jy dit vir jou redigeerder.

Redigering behels geweldig baie soos daarbo genoem. Daar word ook kommentaar gelewer om die skrywer te lei om sekere veranderinge aan te bring. Daar gaan ook baie tyd in, veral omdat die redigeerder jou dokument ’n paar keer (drie tot vyf keer) deurgaan. Jy behoort dus te verstaan dat wanneer dit ‘n volledige boek of iets soos ’n tesis is, ons omtrent drie maande nodig het om dit volledig te hanteer. So nie, kan ons nie die hoë standaard handhaaf wat ons stel nie.

Proeflees beteken om die manuskrip in ’n finale vorm deur te gaan en alle spel-, leesteken- en taalfoute, bladuitleg en algehele voorkoms na te gaan en om dit persgereed te maak.

Ons redigeer (“editing”) en proeflees, doen taalversorging en tegniese uiteensetting van enige skryfwerk:

  • Verhandelings (verskaf jou instansie se voorskrifte)
  • Tegniese dokumente en handleidings
  • Bestuursdokumente
  • Kreatiewe skryfwerk soos sketse, essays, artikels, kortverhale, gedigte en romans.

Rig navrae aan Marietjie by skryfbesigheid101@gmail.com vir redigering en proefleesdienste. Volg ook die volgende skakel om ‘n vorm met jou navrae in vul https://pnskryf.wordpress.com/kontak-ons/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: