25% AFSLAG OP AANLYN KURSUS

AANLYN KURSUS
Die aanlynkursus is die beginnerskursus wat per e-pos aangebied word. Wat wel by die aanlynkursus ontbreek, is die groepwerk. Soms – as daar twee studente is wat min of meer dieselfde tyd met die aanlynkursus begin – kan groepbespreking wel via e-pos plaasvind.

HOE LANK DUUR DIE KURUS?
’n Aanlyn kursus kan enigiets van ses maande tot twee/drie jaar duur. Die skrywer bepaal sy eie tempo. Opdragte moet verkieslik op Donderdae of Vrydae ingestuur word. Die kursusleier het veertien dae om terugvoer te gee nadat ʼn opdrag ontvang is. Gedurende Maart, Junie, Julie en November is die eksaminator met skooleksamens en/of kursusse op ander dorpe besig. Dan kan dit tot dertig dae duur voordat enige terugvoer gegee kan word. Hierdie moet asseblief in gedagte gehou word wanneer opdragte geskeduleer word.

HOE WERK DIE AANLYNKURSUS PRAKTIES?
1.  ‘n Voorafopdrag word aan die student gestuur sodra die deposito betaal en al die nodige dokumentasie ontvang is.
2.  Die student gebruik vier weke om die opdrag uit te voer (of soveel tyd as wat nodig is) en stuur dan die voltooide opdrag aan skryfbesigheid@outlook.com.
3.  Laat veertien dae (behalwe die maande soos in die brosjure uiteengesit) vir terugvoer toe.
4.  ‘n Opdrag word nie vir ʼn tweede maal ingestuur nadat die student dit gekorrigeer het nie, maar die student word vriendelik versoek om die verhaal te gaan herskryf. Anders dien die skryfoefeninge en kursusse geen doel nie. (ʼn Fooi van 20c per woord word gehef vir die herlees van ʼn verhaal.)
5.  Die eerste module en opdrag word saam met die terugvoer van die voorafopdrag gestuur. Indien die student die volle bedrag met inskrywing betaal, word die modules as ’n eenheid (boek in Word) gestuur. Die skrywer mag dan meer as een opdrag gedurende die SKOOLVAKANSIES aan die kursusleier stuur.
6.  Gebruik weer so twee tot vier weke om die materiaal deur te werk en die voltooide opdrag op ’n Donderdag- of Vrydagaand in te stuur. Dit is baie belangrik dat elke opdrag ‘n week of langer alleen gelaat word om te rus voordat dit WEER deurgewerk en dan eers ingestuur word.
7.  As die afbetaal-opsie uitgeoefen word, moet die paaiement betaal word sodra die opdrag ingestuur word.
8.  Die proses soos hierbo uiteengesit, word met elke module herhaal.

IS DIE SKRYFOEFENINGE NA DIE KURSUS BRUIKBAAR?
Skrywers kan verseker wees: Ten opsigte van skryfoefeninge word daar beslis ver buite die spreekwoordelike boks gedink. Verhale wat tydens en na aanleiding van hierdie oefeninge geskryf is, is al vir publikasie aanvaar.

Skrywers moet daarom liefs nie met ‘n gedagte of idee vir ‘n nuwe verhaal met die kursus begin nie. Dit kan dalk net die pret bederf.

ALLE OPDRAGTE MOET GEDOEN WORD.

WANNEER BEGIN DIE KURSUS? Daar kan enige tyd met ’n aanlynkursus begin word. Die beginnerskursus se datums sal later bekend gemaak word (of soos die behoeftes daarvoor bestaan).

WAAR WORD DIE KURSUS AANGEBIED?
Die aanlyn kursus kan van enige plek in die wêreld aangebied word en studente kan selfs as hulle uitstedig is, met die kursus aangaan.

INHOUD
Die beginnerskursus en die aanlyn kursus daarmee saam, is 2014 vernuwe. Die aantal modules het 2016 van vyf na sewe uitgebrei. Al vorm die bekende PNSkryfskool-kursus die basis van die nuwe beginnerskursus, is daar baie nuwe leerstof, opdragte en skryfoefeninge. Die opvolgkursusse – waar ander genres aangedurf word – het hierdie verandering genoodsaak.

AL die modules moet gedoen word en alle opdragte moet uitgevoer word; anders kan ’n sertifikaat nie aan die skrywer uitgereik word nie.

MODULE 1: INLEIDING TOT DIE SKRYF VAN KORTVERHALE
*  Prosa: Nie-fiksie en fiksie
*  Kortkuns
*  ʼn Kortverhaal is…
*  Hoe verskil ʼn kortverhaal, essay en skets van mekaar?
* Novelle
* Roman
* Wat maak poësie anders?
* Die onderskeidende kenmerke van poësie

MODULE 2: ONTWIKKELING VAN ‘N GOEIE VERHAAL
* Storie-fonteine
* Die skryfproses
* Elemente van ‘n verhaal
* Intrige (Die bou van ‘n spannende storielyn).

MODULE 3: ONTWIKKELING VAN GELOOFWAARDIGE KARAKTERS
* Karakters in ‘n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakter en bykarakters.
* Konflik en spanning
* Verskillende vertellers
* Perspektief

MODULE 4: SKEP VAN ‘N GEPASTE ATMOSFEER
* Tyd
* Plek
* Atmosfeer
* Wys teenoor vertel
* Navorsing

MODULE 5: ALGEMENE LETTERKUNDIGE TERME
* Tema
* Boodskap
* Tekselemente
* Beeldspraak
* Stylfigure

MODULE 6: TEKSVERSORGING, REDIGERING EN AFRONDING
* Gebruik taal as instrument reg
* Tegniese versorging van ‘n manuskrip
* Redigering
* Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek
* Hardkoppigheid kan jou skrywerskippie laat sink.

MODULE 7: KRITIEK
* Hoe lewer ek kritiek?
* Hoe hanteer ek kritiek?

Koste
AANLYNKURSUS
Die aanlynkursus kos R4 800, MAAR vir die tydperk 9 MAART 2021 tot 31 Mei 2021 word die aanlynkursus SLEGS vir R3 360 aangebied. Dit beteken ’n Afslag van 25% word toegestaan. Skrywers wat voorheen van Die Skryfbesigheid se diens gebruik gemaak het (en persone wat deur Kwartz Publishers verwys word) kan vir hierdie tydperk ongelukkig nie soos voorheen op verdere afslag aanspraak nie. Afbetaling kan gereël word, maar dit werk so bietjie duurder uit.

AFBETAALOPSIES VIR DIE AANLYNKURSUS
Betaal ʼn deposito van R1 680 met registrasie en daarna vier paaiemente van R430. (Eerste paaiement betaalbaar met die inhandiging van opdrag 1 en 2 en daarna met inhandiging van elke twee opdragte tot die volle bedrag afbetaal is.) Of betaal sewe paaiemente van R500.

Die skrywer moet eers ʼn deposito betaal alvorens daar met die kursus begin kan word. Wat die aanlyn kursus meer bekostigbaar maak, is dat daar afbetaling gereël kan word. Die enigste vereiste is, dat geen nuwe materiaal aangestuur sal word as die paaiement nie betaal word nie.

Die deposito word verbeur sou ‘n skrywer nie opdaag nie of nie die afbetalingsooreenkoms nakom nie. Indien ʼn skrywer meer as twee modules doen en dan met die kursus ophou of onttrek is die skrywer steeds verantwoordelik om die volle kursusfooi te betaal.

REGISTRASIE
Om te registreer moet die skrywer ʼn kwotasie aanvra indien daar nie een saam met die brosjure aangestuur word nie. Die kwotasie moet skriftelik aanvaar word. ’n Registrasievorm en die onderneming moet voltooi word. Sodra die deposito betaal is, is die skrywer geregistreer.

NAVRAE per e-pos: skryfbesigheid102@gmail.com of skryfbesigheid@outlook.com



‘n Blink jaar vir Die Skryfbesigheid en hulle kliënte

Dankie vir julle ondersteuning

Saamgestel en geskryf deur Marietjie Wentzel

Behalwe vir al die kursusse wat ons aangebied het en die teksredaksiedienste wat Die Skryfbesigheid gelewer het, is dit vir ons ʼn groot voorreg om enkele van ons kliënte se werk hier te noem.

Ons is dankbaar saam met dr. Koos Marais oor Die Keiservoël oor Namaland wat gedurende April verskyn het. Sy onverpooste navorsing en harde werk die voorafgaande nege jaar, het vrugte afgewerp. Die boek is deur Cordis Trust uitgegee en is tydens Boekejol by die Atterbury Teater, Lynnwood Bridge op 20 Augustus 2016 bekendgestel. Tydens ʼn uitsonderlike geleentheid in Maltahöhe in Namibië het hy persoonlik 400 eksemplare aan die goewerneur van die Hardapstreek, haar edele Esme Isaacs, oorhandig.

“Die geleentheid was iets waaroor ek baie jare gedroom het. Ek het hierdie Afrikaanse boek waaraan ek so lank gewerk het oorhandig aan die mense vir wie dit só belangrik is,” het dr Marais verduidelik.

Lees gerus die hele artikel by www.maroelamedia.co.za en volg sy blog by https://kaiserbird.com. Die boek is beskikbaar by Graffiti Boeke, Namibia Book Market, ander toonaangewende boekhandelaars en kan ook by bestellings@kaiserbird.com bestel word.

Dr. Koos Marais en Marietjie Wentzel tydens die bekendstelling by Boekjol
Dr. Koos Marais en Marietjie Wentzel tydens die bekendstelling by Boekjol

Baie geluk aan dr. Sanet Jacobs wat haar doktorsgraad behaal het. Die titel van haar tesis is A Conceptual approach to provide and implement Total Cost of Ownership and Six Sigma applications in a Supply Management environment, gedoen onder die wakende oog van Professor Doktor Gerrit Horn, PhD, DBA, MBA. Prof. Horn is onder andere ook verbonde aan die Universidad Empressarial, Costa Rica. Dit was ʼn groot voorreg om teksredaksiedienste aan julle te lewer.

prof-en-sanet
Prof. Gerrit Horn en dr. Sanet Jacobs by die gradeplegtigheid, Nov. 2016

Martie van der Walt debuteer vroeg in 2017 met haar kinderboek Oupa se Kiewietstories. Dit is verhaaltjies wat haar pa vir hulle vertel het en wat sy op hierdie manier vir haar nageslag behoue wil laat bly. Die boek bevat verskeie kort stories, is pragtig geïllustreer deur Alex van Houwelingen en sal binnekort by boekhandelaars beskikbaar wees. Stuur e-pos aan Martie by just.joy@live.com om navraag te doen. Hou ook ons blog dop, ons sal dit hier bekendstel.

Baie dankie vir al ons ander kliënte wat op watter manier ook al van ons dienste gebruik gemaak het. Julle is baie welkom om ons weer te nader as daar iets is waarmee ons kan help. Dit is altyd lekker om weer van julle te hoor en indien julle dan van ons dienste gebruikmaak, kwalifiseer julle vir ʼn geringe afslag – net om dankie te sê.

Verskeie van ons kortverhaalskrywers se verhale is in Vrouekeur en Huisgenoot gepubliseer. Daar is ook skrywers wat groot kompetisies gewen het.Ons sal bly wees as hulle vir ons meer inligting en foto’s kan aanstuur. Ons wil baie graag ‘n opvolg-artikel plaas.

Een so ‘n skrywers is Alwyn Tredoux. Nie alleen het hy vanjaar met sy eerste kinderboek gedebuteer nie, maar een van die verhale wat hy tydens die 2016 Dwarskersbos Beginnerskursus geskryf het, is in Vrouekeur van 30 Desember 2016 gepubliseer.

hekelpen
Uit woorde wat in pare tydens die kursus as opdrag gegee is, het Alwyn HEKELPEN en VARKHOK gekies. ‘n Wenkombinasie!

Alwyn Tredoux
Alwyn Tredoux

Ons is baie trots op julle en kan so met dankbaarheid bewys dat Trudy se kursusse beslis groot vrug dra. As jy nie in 2016 suksesvol was nie, is daar in 2017 baie geleentheid om weer te probeer. Moenie moed opgee nie. As jy nog nie een van die kursusse, inhuis of aanlyn, gedoen het nie, is 2017 die ideale geleentheid. Veral die novellekursus wat op Christiana aangebied word, beloof om die moeite werd te wees. Neem sommer ook deel aan ons skryfkompetisie . Klik op die skakel vir meer besonderhede.

Anzel Mans is seker een van Die Skryfbesigheid se suksesvolste voormalige studente. Ons is nie seker hoeveel verhale is moontlik vanjaar gepubliseer nie, maar ‘n paar akademiese boeke en haar eerste kortverhaalbundel het die lig gesien.

IMG_0097-1
Anzel Mans

Voorblad
Anzel se kortverhaalbundel

Ons is ook baie opgewonde omdat Petronel Louw se tweede Romanza, Hartsplan, onlangs ook op die rakke verskyn het.

Petronel Louw
Petronel Louw

hartsplan_voorblad_high-res

Dis vir Die Skryfbesigheid ʼn baie groot voorreg om al ons kliënte en aanhangers ʼn baie voorspoedige 2017 toe te wens. Sonder julle sal die lewe vir ons maar baie saai wees.

Lekker skryf.

NOVELLEKURSUS 1 – 7 April 2017 CHRISTIANA

WOU JY NOG ALTYD SKRYF?

SPESIAAL vir jou!

INLEIDING

Die Skryfbesigheid het vir vyf jaar na die Weskus gereis om daar skryfkursusse aan te bied, maar daar is besluit om 2017 die roete effens te verander. Ons gaan net tot op Christiana reis.

Die besluit is gemaak; die reëlings getref. Ons gaan ‘n novelle (of ten minste meer as die helfte van die novelle) binne ses dae skryf.

Die kursus, in die vorm van ‘n werkwinkel, gaan vanaf 1-7 April 2017 by Lilly’s Pub & Grill, Pretoriusstraat 37B, Christiana aangebied word. Alhoewel ons op die eerste dag wel ‘n bietjie na teorie gaan kyk, sal die klem eerder op die praktiese skryf en terugvoer van geskrewe teks val.

SPESIALE AANBOD

Vir beginners word die novellekursus en die aanlynkursus in kombinasie teen ʼn spesiale afslag aangebied. Pryse word hieronder aangegee.

WANNEER?

1-7 April 2017

Alle skrywers moet Vrydag, 31 Maart 2017 om 19:00 aanmeld vir registrasie. Die adres sal later bekend gemaak word Dit is baie belangrik dat alle skrywers wel hier aanmeld omdat die eerste opdragte hier bespreek word.

Die program begin soggens stiptelik om 08:30.

WANNEER SLUIT INSKRYWINGS?

Inskrywings sluit op Saterdag 18 Maart 2017 om 21:00. Inskrywings na hierdie datum sal oorweeg word mits daar plek beskikbaar is. (ʼn Maksimum van tien tot twaalf persone kan tot die kursus toegelaat word.) ʼn Boete van R500 vir laat inskrywing sal gehef word.

KURSUSINHOUD

Alle skryfkursusse wat Die Skryfbesigheid aanbied, fokus sterk op die praktiese skep van kreatiewe teks. Nogtans moet skrywers ook oor sekere teoretiese en literêre kennis beskik. Daarom word die volgende aspekte tydens die werkwinkel bespreek.

  1. Die skryfproses.
  2. Hoe lewer ek opbouende kritiek en hoe hanteer ek kritiek?
  3. Wat is ’n verhaal?
  4. Plot, spanning, konflik, handeling en karakterisering
  5. Atmosfeerskepping en toneelaanbieding
  6. Versorging en uitleg van ’n teks.
  7. Kenmerke van ʼn novelle.
  8. Skryf as besigheid.

Nadat die teorie afgehandel is, sal daar daagliks BAIE geskryf word. Elke student MOET sy/haar taak vir daardie dag na die beste van sy/haar vermoë uitvoer omdat die kursus se sukses op die groepbesprekings berus. Dit beteken dat elke skrywer ook daagliks ʼn aantal tekste sal moet lees en vir ʼn groepbespreking voorberei.

Terugvoer tydens die groepbespreking moet in ʼn simpatieke atmosfeer gelewer word en moet opbouend tot die bemagtiging van die skrywer bydra.

Voorlopige program

Die voorlopige program is op aanvraag beskikbaar.

 WAAR?

Lilly’s Pub & Grill, Pretoriusstraat 37B, Christiana

In dié huislike omgewing gaan die stories blom

img-20161110-wa0007 img-20161110-wa0006 img-20161110-wa0012

TOELATING

Enige persoon ouer as agtien jaar is welkom om in te skryf. Persone jonger as agtien mag inskryf, mits hulle deur ʼn volwasse persoon vergesel is. Die volwassenes hoef nie die kursusfooi te betaal nie, maar moet steeds hul eie verblyf, etes en vir die kursusverversings betaal.

Hierdie is ʼn gevorderde kursus en dis daarom wenslik dat skrywers ʼn vooraf kennis van kreatiewe skryfkuns het. Dit behoort niemand te verhinder om vir hierdie kursus in te skryf nie.
ʼn Spesiale aanbod word aan beginners gemaak: Skryf vir die sowel die aanlyn-, as die novellekursus in en betaal slegs R1 500,00 vir die aanlynkursus. In 2017 gaan die aanlynkursus R4 340,00 kos!

Daar moet so spoedig moontlik met die aanlynkursus begin word, sodat die eerste vier modules met die aanvang van die novellekursus afgehandel kan wees.

KOSTES

Opsie 1

Etes en verversings: R 910,00
Kursus: R2 800,00
Totaal: R 3 710,00

ʼn Deposito van R1 855,00 is met bespreking betaalbaar. Die res is met registrasie op Vrydag 31 Maart 2017 betaalbaar.

Die deposito of enige fooie wat reeds betaal is, word verbeur wanneer ʼn student vooraf kop uittrek, die kursus voor die einde daarvan verlaat of nie vir die kursus opdaag nie.

Opsie 2

Beskrywing: Kostes
Etes en verversings: R 910,00
Kursus: R2 800,00
Aanlynkursus: R1 500,00
Totaal: R5 210,00

ʼn Deposito van R2 605,00 is met bespreking betaalbaar. Die res is met registrasie op Vrydag 31 Maart 2017 betaalbaar.

Die deposito of enige fooie wat reeds betaal is, word verbeur wanneer ʼn student vooraf kop uittrek, die kursus voor die einde daarvan verlaat of nie vir die kursus opdaag nie. Die volle fooi vir die aanlynkursus (naamlik R4 340,00) sal betaalbaar wees.

Die etes en verversings is ʼn verpligte koste wat almal moet betaal omdat dit vroegdag tot ons onttrek deur Lilly bedien word. Ons kan geen uitsonderings maak nie. Maak net seker dat u op die registrasiedokument enige eetvoorkeure en allergieë duidelik aantoon.

Om skrywers tegemoet te kom, kan ʼn afbetaalreëling getref word.

Die Skryfbesigheid gee graag afslag aan voormalige studente en kliënte.

REIS EN VERBLYF

U is baie welkom om iemand saam te bring. U is net self verantwoordelik vir al die besprekings en onkoste. U metgesel hoef nie vir die kursus te betaal nie, maar indien hy/sy saam met ons by die kursus gaan eet, moet u ons vooraf daaroor inlig sodat ons vir hom/haar etes kan bespreek en u daarvoor kan kwoteer.

Reiskostes na en van Christiana is die skrywer se eie verantwoordelikheid. Bespreek en betaal van verblyf in Christiana is die skrywer se eie verantwoordelikheid. Hier volg ʼn lys van gastehuise:

  1. Riverside Gastehuis 076 388 6619
  2. De Akker Dorpshijs 053 441 3467 of 082 334 0121
  3. Meldine Gastehuis 073 685 7714
  4. Die Wingerd Gastehuis 079 824 0441
  5. At-Neli 053 441 2717 of 082 393 1275
  6. Zarah’s Place 082 339 9770

Die eerste asook die laaste aand van die kursus gaan ons as ʼn groep saam uiteet. Die etes is vir die skrywer se rekening. Terwille van groepsdinamika is dit baie belangrik dat almal hierdie etes bywoon. U is baie welkom om u metgesel saam te bring na hierdie etes toe.

KLEREDRAG

Dra netjiese, gemaklike klere vir die duur van die kursus. Bedags kan dit nog warm raak, maar saans kan dit koel tot koud word. Dit kan ook nog reën. Maak daarom voorsiening vir wisselende klimaatstoestand. Pak miskien iets soos ʼn waterdigte baadjie in.

BRING SAAM

  1. HIERDIE IS ’N VEREISTE:
    a. ’n Skootrekenaar. (Liefs nie ʼn tabletrekenaar nie, want as die seine lol, moet ons geheuestokkies gebruik.)
    b. Twee geheuestokkies.
    c. U eie mobiele data/Wifi.
  2. Skryfbehoeftes:
    a. ʼn Toonbankboek (A4-grootte) met ten minste 96 bladsye of twee/drie gewone oefeningboeke.
    b. Gom.
    c. Skêr.
    d. Liniaal.
    e. Potlood.
    i. Uitveër.
    f. Penne wat verskillende kleure skryf (Rooi, swart, blou, ens.).
    g. Glimpenne (Highlighters).
  3. Tydskrifte (ten minste een van elk) om prente uit te knip:
    a. Modetydskrif soos rooi rose, Sarie of Cosmopolitan.
    b. Reistydskrif soos Weg of Getaway.
  4. Koffiebeker.
  5. Koffie, tee, melk, suiker, beskuit of graankos om u deur die nag te sien of om die ergste honger soggens voor die kursus te stil.
  6. Warm baadjie, trui en ’n reënjas.
  7. Kamera of selfoon met ’n goeie kamera.
  8. Chroniese medikasie.

BELANGRIKE KENNISGEWING

Dit is wenslik dat die skrywer SONDER ENIGE STORIELYN, gedagte, karakter en so meer, by die kursus opdaag. ‘n Storielyn, karakters, tonele en handeling sal aan die begin van die werkwinkels ontwikkel word. Daar sal genoeg tyd gegun word vir navorsing, lees van mekaar se teks en die ontwikkeling van nuwe teks.

BESPREKING

Bespreking is NOODSAAKLIK en dit moet voor Saterdag 18 Maart 2017 om 21:00 geskied. Gaan asseblief so te werk om te bespreek:

  1. Stuur ’n e-pos, faks of sms aan Die Skryfbesigheid waarin u ’n kwotasie aanvra.
  2. Meld in u e-pos, faks of sms:
    a. U noemnaam en van.
    b. U telefoonnommer en faksnommer of e-posadres.
    c. Watter opsie u uitoefen.
  3. Aanvaar die kwotasie wat u ontvang skriftelik en betaal die deposito soos met Die Skryfbesigheid ooreengekom.
  4. Stuur ingevulde registrasiedokument en bewys van betaling aan Die Skryfbesigheid by skryfbesigheid@outlook.com

NAVRAE

Brechje Visagie
SMS/WhatsApp: 082 944 7737

EN
Trudy Erasmus
Die Skryfbesigheid
skryfbesigheid@outlook.com
http://www.pnskryf.wordpress.com
SMS/WhatsApp: 072 210 4385
Faks: 086 652 7946

Die Skryfbesigheid Skryfkompetisie 2017

IMG-20150412-WA0004-1
Brechje Visagie – Ons 2015 wenner

Alwyn Tredoux
Alwyn Tredoux – Ons 2015 naaswenner

Die Skryfbesigheid het besluit om ‘n blaaskans te neem ten opsigte van die skryfkompetisie. Daarom was daar 2016 nie ‘n kompetisie gewees nie. Na vele navrae het ons besluit om die kompetisie na ander genres uit te brei. Gedigte, essays, sketse en vertellings word by vanjaar se kompetisie ingesluit. Al word die kompetisie na hierdie genres uitgebrei, bly hierdie in wese ‘n kortverhaalkompetisie. Afhangend van hoe vanjaar se kompetisie afloop, word dit oorweeg om kinderverhale/jeugverhale by kompetisies in te sluit of as afsonderlike kompetisie aan te bied.

DOEL

Die doel van die kompetisie bly om vir alle nuwe skrywers wat nog nie by ʼn erkende uitgewer/tydskrif uitgegee het nie, ook ʼn kans te gee om hulle skryftalent te ontwikkel deur hulle tekste deur ‘n paneel te laat beoordeel en daarop terugvoer te ontvang. Die waarde van die kompetisie lê juis in die kommentaar wat gelewer word.

TEMAS

Die skrywer kan sy eie tema kies.

AFDELINGS

AFDELING AKortverhale van 800-1500 woorde,
AFDELING BKort-kortverhale van 100-750 woorde en
AFDELING CVonkverhale 15-90 woorde.
AFDELING D Gedigte van nie meer as 24 versreëls nie
AFDELING ESkets, essay of vertelling van nie meer as 600 woorde nie

Daar is besluit om die afdelings uit te brei na aanleiding van die inskrywings wat vir die 2015 kompetisie ontvang is. Talle goeie tekste het ongelukkig nie die paal gehaal nie omdat dit nie kortverhale was nie. Verder het die verskeie  navrae wat Die Skryfbesigheid oor kompetisies vir poësie ontvang het, die insluiting van poësie tot gevolg gehad.

VEREISTES

  • DEELNEMERS MOET EEN TEKS UIT ÓF AFDELING A ÓF AFDELING B EN EEN TEKS UIT ENIGE VAN DIE ANDER AFDELINGS INSKRYF. Dit tel as een inskrywing.
  • Vir Afdeling C en D kan twee tekste ingeskryf word. (Dit word as een teks gesien.)
  • Die aantal inskrywings word nie beperk nie, wat beteken dat skrywers vir al die afdelings kan inskryf. Die aantal inskrywings per afdeling word ook nie beperk nie. Daar moet egter ʼn addisionele inskrywingsfooi vir elke inskrywing daarna betaal word.

Elke inskrywing moet dus uit twee tekste bestaan uit twee verskillende afdelings. Een van die tekste moet óf ‘n kortverhaal óf kort-kortverhaal wees. As die deelnemers nie aan hierdie vereiste voldoen nie, sal hulle inskrywing gediskwalifiseer word.

Deelnemers kan ook addisionele tekste teen ʼn laer inskrywingsfooi instuur. Sien reëls vir besonderhede.

PRYSE

Algehele eerste plek

1. AFSLAG ter waarde van R1 900 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)
2. Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 1 900 woorde is.

Algehele tweede plek

1. AFSLAG ter waarde van R1 800 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)
2. Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 750 woorde is

AFDELINGWENNERS

Afdeling A
Eerste plek
1. AFSLAG ter waarde van R1 600 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)
2. Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 1 600 woorde is.

Tweede plek
AFSLAG ter waarde van R1 100 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Derde plek
AFSLAG ter waarde van R600 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Afdeling B
Eerste plek
AFSLAG ter waarde van R1 200 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)

Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 750 woorde is.

Tweede plek
AFSLAG ter waarde van R1 000 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Derde plek
AFSLAG ter waarde van R500 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Afdeling C
Eerste plek
1. AFSLAG ter waarde van R800 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)
2. Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 90 woorde is.

Tweede plek
AFSLAG ter waarde van R600 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Derde plek
AFSLAG ter waarde van R200 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Afdeling D
Eerste plek
1. AFSLAG ter waarde van R800 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)
2. Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 90 woorde is.

Tweede plek
AFSLAG ter waarde van R600 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Derde plek
AFSLAG ter waarde van R200 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Afdeling E
Eerste plek
AFSLAG ter waarde van R1 200 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit. (Reis, verblyf en etes word uitgesluit.)

Bykomend kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 750 woorde is.

Tweede plek
AFSLAG ter waarde van R1000 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Derde plek
AFSLAG ter waarde van R500 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2018/2019, wat al die kursusmateriaal insluit.

Neem kennis.
Geen van bogenoemde pryse sluit reis- en verblyfkostes in nie.
Pryswenners is self daarvoor verantwoordelik.

REËLS

1. Maak seker dat u presies weet wat die reëls van hierdie kompetisie is aangesien inskrywings gediskwalifiseer sal word indien die reëls verontagsaam word.

2. Alle tekste moet getik (MS Word 97 – 2003) wees en dan elektronies ingehandig word.

3. Deelnemers moet seker maak dat hulle aan hierdie belangrike vereistes voldoen. Die lengte van die skryfstukke is:

AFDELINGS
Afdeling AKortverhale van 800 -1500 woorde,
Afdeling BKort-kortverhale van 100-750 woorde en
Afdeling CVonkverhale 15-90 woorde. (Twee van hierdie tekste word as een inskrywing gesien.)
Afdeling DGedigte van nie langer as 24 versreëls nie. (Twee van hierdie tekste word as een inskrywing gesien.)
Afdeling ESketse, essays of vertellings van nie meer as 600 woorde nie

LW: Die getal woorde verwys slegs na die “liggaam” van die verhaal en sluit glad na die titel of die aantal woorde in.

4. Enige skrywer ouer as 18 jaar kan aan die kompetisie deelneem.

5. Indien ʼn deelnemer reeds by ʼn erkende uitgewer gepubliseer het, mag hy/sy nie aan hierdie kompetisie deelneem nie.

6. Die inskrywing moet in AFRIKAANS wees.

7. Die inskrywings moet die eie oorspronklike werk van die outeur wees.

8. Inskrywings moet vergesel wees van ’n inskrywingsvorm en inskrywingsfooi ter waarde van R100 (honderd rand). Vir elke addisionele teks wat u naas hierdie verhale instuur, moet u ’n addisionele inskrywingsfooi van R40 per teks betaal.

M.a.w. as u een inskrywing (een teks uit óf Afdeling A óf Afdeling B en een teks uit enige ander Afdeling) en twee addisionele tekste inskryf, word die inskrywingsfooi as volg bereken: R100,00 + (2x R40,00) = R180,00

9. Waar kommentaar op manuskripte aangebring is, word dit elektronies teruggestuur. Elke beoordelaar moet ook ’n beoordelingsblad instuur waarop punte toegeken en kommentaar ingevul word. Dit sal ook elektronies aan u voorsien word.

10. Die deelnemer se naam mag slegs op die inskrywingsvorm verskyn en nie op die verhale self nie. Bring egter die volgende: ………/2017 regs bo aan sodat ’n nommer aan u verhaal toegeken kan word. Onthou: Dit word anoniem aan keurders voorgelê.

11. Onder die titel moet ook die aantal woorde tussen hakies aangedui word: bv. (795 woorde).

12. Alle kortverhale moet in dubbelspasiëring en in Arial van 12pt grootte getik word.

13. Maak seker die bladsye is genommer.

14. Geen handgeskrewe inskrywings word aanvaar nie.

15. Verhale moet in Ms Word as ʼn Word 97-2003 dokument voorgelê word sodat beoordelaars kommentare en aanbevelings in die “Review Mode” kan aanbring.

16. Sluitingsdatum vir alle inskrywings is 30 Junie 2017.

17. Stuur alle inskrywings met bewys van betaling aan: skryfbesigheid@outlook.com Ontvangs sal per e-pos erken word.

18. Geen inskrywings mag direk aan enige van die organiseerders oorhandig word nie. Die organiseerders kan ook nie verantwoordelik gehou word vir inskrywings wat verlore raak nie.

19. Alle inskrywings word aan onafhanklike beoordelaars voorgelê. Elke beoordelaar het sy eie unieke manier van beoordeel, maar u sal terugvoering ontvang.

20. Die organiseerders behou die reg voor om sommige of al die pryse te weerhou, sou die standaard van die inskrywings dit nie regverdig nie of indien daar enige ander rede mag ontstaan.

21. Die tyd vir beoordeling word bepaal deur die aantal inskrywings wat ontvang word. Daar word gepoog om die wenners teen 30 Desember 2017 bekend te maak. Uitslae sal op ons Facebook blad en Blog bekend gemaak word.

22. Skrywers wat al voorheen aan Die Skryfbesigheid se skryfkompetisies deelgeneem het, mag weer inskryf.

23. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Voltooi onderstaande elektroniese vorm indien u enige navrae het:

 

LAAI DIE INSKRYWINGSVORM HIER AF.

Inskrywingsvorm en reels – Skryfkompetisie 2017MJW REDIGEER 15DES2017

TOORWOORDE – Ons eie saamgestelde kortverhaalbundel

Inleiding

Ons nooi alle oudstudente en deelnemers aan Die Skryfbesigheid skryfkompetisies om vonkverhale, kortverhale en kort-kortverhale aan ons voor te lê vir moontlike publikasie in ’n bundel met die werktitel Toorwoorde. Tekste gaan nie voor die voet in die bundel ingesluit word nie. Keuring gaan daarom baie streng toegepas word.

Besonderhede oor die vereistes en voorleggings volg later in die dokument.

Deelnemers

Ongelukkig is hierdie projek nie oop vir die publiek nie, maar wel gemik op skrywers wat:
• by Die Skryfbesigheid ʼn kursus voltooi het.
• ʼn werkwinkel bygewoon het wat Die Skryfbesigheid alleen of in samewerking met ʼn ander organisasie aangebied het.
• vir enige van ons skryfkompetisies ingeskryf het.

Skrywers wat alreeds in tydskrifte of by erkende uitgewers (alleen of as deel van ʼn saamgestelde bundel) uitgegee het, is steeds baie welkom om aan die projek deel te neem. Die verhale wat voorgelê word, mag egter nie reeds gepubliseer wees nie.

Genres

Ons versoek dat u ongepubliseerde vonkverhale, kort-kortverhale en kortverhale voorlê wat u tydens ʼn kursus of vir ʼn werkwinkel geskryf of vir een van ons kompetisies ingeskryf het.

Fragmente uit ʼn reeds voltooide, ongepubliseerde novelle of vervolgverhaal

Ongelukkig sal ons nie van hierdie langer tekste insluit nie. Daarom wil ons diegene wat een van die kursusse voltooi het waar langer tekste geskryf is, uitnooi om ook ʼn vonkverhaal, kort-kortverhaal en ʼn kortverhaal voor te lê al is hierdie tekste NIE tydens ʼn kursus geskryf nie.

Kies asseblief die beste van u verhale. (Die aantal en lengte word later aangegee.) Dit is ook nodig en belangrik dat u weer aan die tekste moet werk. Die Skryfbesigheid gaan nie eerste pogings publiseer of inneem vir taalversorging en voorstelle nie.

Elke verhaal wat voorgelê word, sal aan baie streng standaarde moet voldoen. Die paneel sal uit meer as een persoon bestaan. Die bundel mag nie 55 000 woorde oorskry nie. Daarom gaan daar aanvanklik slegs een vonkverhaal, kort-kortverhaal en een kortverhaal per skrywer gekeur word. Slegs daarna sal meer as een verhaal per skrywer oorweeg word.

Geen korrespondensie sal oor afgekeurde verhale gevoer word nie.

Redigering

Die eerste redigering en herskryf, is die skrywer se verantwoordelikheid. Na die keuring afgehandel is, kan een van twee situasies voorkom.
1. Die Skryfbesigheid kan geringe foute redigeer sonder die toestemming van die skrywer.
2. Verhale met potensiaal, maar met ernstige gebreke sal na die skrywer terugverwys word. Daar sal van die skrywer verwag word om die aanbevelings van die keuringspaneel na te kom en weer die verhaal voor te lê. Indien die verhaal teen die teikendatum nie teruggestuur word nie, sal ʼn ander verhaal in die plek daarvan gekeur word. Dit sal nie noodwendig hierdie skrywer se verhaal wees nie.

Publikasie van die manuskrip

Alhoewel daar geen finale ooreenkoms met Kwarts Publishers aangegaan is nie, het Kwarts Publishers belangstelling getoon om die projek saam met ons aan te pak. Dit lyk ook of die bundel sommer direk by hulle bestel sal kan word. Besonderhede oor bestellings en dies meer sal later bevestig word.

Fooie en tantieme

Daar is geen inskrywingsfooi betaalbaar nie, maar ongelukkig kan ons ook nie enige tantieme betaal nie. Ons gaan wel die bundels – vir bestellings van vyf of meer – goedkoper aan die skrywers beskikbaarstel sodat die skrywers dit kan herverkoop en op die manier ʼn inkomste genereer.

Let wel: Die bedrae wat hier genoem word, is beraamde bedrae. Ons glo nie dit behoort veel hoër te styg as nie. Sodra daar ʼn formele ooreenkoms met die uitgewers aangegaan is, sal die finale kostes aan u gekommunikeer word. Die koste van die bundel is nog nie vasgestel nie, maar ons verwag dat een eksemplaar ongeveer R165,00 gaan kos. Persone wat meer as vyf bestel sal die bundel vir ongeveer R111,00 per eksemplaar kan kry. Die voorgestelde herverkoopprys van die bundel is R165,00.

Boekbekendstelling

Ons beplan om ʼn gesellige boekbekendstelling in samewerking met ʼn bekende boekhandelaar en die uitgewers in Pretoria te reël. Indien dit enigsins moontlik is, sal ons graag ʼn soortgelyke geleentheid in Velddrif/Dwarskersbos reël omdat ons van 2012 tot 2016 baie suksesvolle kursusse daar aangebied het.

Fases van die projek en tydlyn

Die projek gaan in verskillende fases aangepak word en die verloop van die projek word as volg voorgestel:
• Fase 1: Insameling van verhale en bemarking van die projek.
• Fase 2: Keuring
• Fase 3: Herskryf waar nodig.
• Fase 4: Samestelling van die bundel
• Fase 5: Finale redigering
• Fase 6: Voorlegging aan uitgewers
• Fase 7: Boekbekendstellings

Na verwagting behoort die bekendstellings tussen Augustus en Oktober bekendgestel te word.

Voorlegging van tekste

Hoeveel verhale kan elke skrywer voorlê?

  • Drie (3) vonkverhale van 30-90 woorde.
  • Drie (3) kort-kortverhale van 95-200 woorde.
  • Twee (2) kortverhale van 205-1500 woorde.

Vereistes

  • ʼn Skrywer moet dit duidelik op die voorblad van die verhaal aandui indien hy/sy verkies om onder ʼn skuilnaam te publiseer. Dit is die skrywer se verantwoordelikheid om seker te maak die samestellers weet dat ʼn skuilnaam verkies word.
  • Enige tema is aanvaarbaar.
  • Die aantal tekste wat hier bo aangedui word, dui net die MAKSIMUM aantal tekste aan. ’n Skrywer mag dus ook minder tekste voorlê.
  • ALLE veranderings wat tydens die kursus aanbeveel of in kommentare na die skryfkompetisie gelewer is, MOET gemaak word.
  • Tekste moet taalversorg wees en moet van goeie tegniese versorging getuig. (Indien die verhaal nie versorg is nie, bied Die Skryfbesigheid die diens teen vergoeding aan.)
  • Alle tekste moet in Arial 12 pt en in dubbelspasiëring getik word.
  • Kantlyne links, regs, bo en onder moet op 2.75 cm gestel wees.
  • Bydraes moet van die ingevulde amptelike inskrywingsvorm vergesel word.
  • Woordtelling moet streng nagevolg word. Dit sluit die titel van die verhaal en skrywer se naam uit.

Datum van inhandiging

Tekste moet teen 31 Maart 2017 voorgelê word. Slegs elektroniese voorleggings word aanvaar en moet aan die e-posadres skryfbesigheid@outlook.com gestuur word.

Terme en voorwaardes

  1. Daar is geen inskrywingsfooi betaalbaar nie.
  2. Skrywers kan ongelukkig nie aandring op tantieme nie.
  3. Bestellings van vyf of meer eksemplare word teen afslag aan skrywers beskikbaar gestel.
  4. Skrywers mag bundels teen ʼn hoër prys herverkoop.
  5. Bestellings van vyf of meer word goedkoper aan die skrywers beskikbaarstel sodat die skrywers dit kan herverkoop en op dié manier ʼn inkomste genereer.
  6. Die samestellers het die reg om steeds veranderinge voor te stel en/of te maak sonder die toestemming van die skrywer. Waar ’n skrywer egter weier om aan samestellers se versoeke te voldoen, sal dit die publikasie van die teks belemmer.
  7. Die skrywers behou die kopiereg mits die uitgewers anders besluit.
  8. Die samestellers het ook die reg om ’n voorgelegde teks nie vir publikasie te aanvaar nie.
  9. Geen laat inskrywings sal oorweeg word nie.

Navraag

Stuur ‘n e-pos aan Trudy Erasmus by skryfbesigheid@outlook.com of vul onderstaande elektroniese vorm in.

Pile of Textbooks

SKRYFKURSUS VIR BEGINNERS IN GAUTENG AANGEBIED

Wou jy nog altyd skryf, maar jy weet glad nie waar om te begin nie?

Goeie nuus! ʼn Skryfkursus vir beginners word in Pretoria aangebied.

Wanneer word die kursus aangebied?

13 Augustus 2016 –22 Oktober 2016.

Modules 1 – 3 word op 13, 20 en 27 Augustus 2016 aangebied. Studente bly dan vir die volgende vier weke tuis om van die opdragte uit te voer.

Modules 4 – 7 word op 1, 8, 15 en 22 Oktober 2016 aangebied.

Hoe lank duur die kursus?

Die kursus word oor sewe Saterdae aangebied word.

Is die skryfoefeninge na die kursus bruikbaar?

Skrywers kan verseker wees: Ten opsigte van skryfoefeninge word daar beslis ver buite die spreekwoordelike boks gedink. Verhale wat tydens en na aanleiding van hierdie oefeninge geskryf is, is al vir publikasie aanvaar.

Skrywers moet daarom liefs nie met ‘n gedagte of idee vir ‘n nuwe verhaal opdaag nie. Dit kan dalk net die pret bederf.

ALLE OPDRAGTE MOET GEDOEN WORD.

ou boeke 2Wie bied die kursus aan?

Trudy Erasmus – skrywer van gepubliseerde kortverhale
Marietjie Wentzel – redigeerder en manuskripontwikkelaar
Jan de Bruin – rekenaarkundige en skryfkompetisiebeoordelaar

Waar word die kursus aangebied?

Hierdie kursus word in Pretoria, Gauteng aangebied. Die adres sal aan geregistreerde studente bekend gemaak word.

Baie belangrik: nuut!

Die volgende reëlings beteken nie dat die kursus geaffilieer is nie, maar dit is die eerste proses wat gevolg word om die kursus te laat affilieer sodat die student ʼn erkende kwalifikasie kan behaal. Die skrywer sal beslis na die suksesvolle aflê van die kursus ʼn sertifikaat verdien wat as bewys kan dien dat die kursus suksesvol afgelê is.

Voorheen is sertifikate aan studente uitgedeel NADAT van die kursus voltooi is. Met ingang van 13 Julie 2016 verander hierdie reëling.

Om ʼn kursus suksesvol af te handel moet ʼn student ʼn gemiddeld van 50% vir die uitvoering van die opdragte kry.
o Dit beteken elke verhaal gaan gelees word en kommentaar sal op elke verhaal gegee word.
o Foute sal aangedui word, en voorstelle ten opsigte van verbetering sal aangebring word.
o Dan sal daar ook ʼn puntestaat aangeheg word. Die gemiddelde van al die verhale wat geskryf gaan word, gaan gebruik word om die persentasie te bepaal.

Die student moet ook ʼn toets aflê en vir die toets moet die student ook 50% kry.
o Die student mag van die lesings en ander hulpmiddele gebruik maak wanneer die toets afgelê word.
o Die doel van die toets is om te meet hoeveel van die teorie het die student onder die knie. Indien dit duidelik is dat die student met sekere aspekte sukkel, word opvolglesse (gratis) geskeduleer.

Die toets is verder ook ʼn maatstaf waarvolgens die instrukteur die geslaagdheid van die module/teorie bepaal sodat aanpassings gemaak kan word.

Ten einde sinvolle kommentaar te lewer en die nasien van die verhale behoorlik te kan doen, moet studente by teikendatums hou.

Inhoud

Die beginnerskursus en die aanlynkursus daarmee saam, is 2014 vernuwe. Op die oomblik word die materiaal hersien om die twee nuwe modules goed met res van die kursus te laat saamvloei. Die aantal modules het 2016 van vyf na sewe uitgebrei. Al vorm die bekende PNSkryfskool-kursus die basis van die nuwe beginnerskursus, is daar baie nuwe leerstof, opdragte en skryfoefeninge. Terugvoer, kommentaar en vrae van vorige studente het hierdie verandering genoodsaak.

AL die modules moet gedoen word en alle opdragte moet uitgevoer word.

Module 1: Inleiding tot die skryf van kortverhale

  • Prosa: Nie-fiksie en fiksie
  • Kortkuns
  • ʼn Kortverhaal is…
  • Hoe verskil ʼn kortverhaal, essay en skets van mekaar?
  • Novelle
  • Roman
  • Wat maak poësie anders?
  • Die onderskeidende kenmerke van poësie

Module 2: Ontwikkeling van ‘n goeie verhaal

  • Storie-fonteine
  • Die skryfproses
  • Elemente van ‘n verhaal
  • Intrige (Die bou van ‘n spannende storielyn).

Module 3: Ontwikkeling van geloofwaardige karakters

  • Karakters in ‘n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakters en bykarakters.
  • Konflik en spanning
  • Verskillende vertellers
  • Perspektief

Module 4: Skep van ‘n gepaste atmosfeer

  • Tyd
  • Plek
  • Atmosfeer
  • Wys teenoor vertel
  • Navorsing

Module 5: Ken die mark

  • Tema
  • Boodskap
  • Mark
    • Uitgewers
    • Tydskrifte
    • Aanlynpublikasies
    • Self-publikasie

Module 6: teksversorging, redigering en afronding

  • Gebruik taal as instrument reg
  • Tegniese versorging van ‘n manuskrip
  • Redigering
  • Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek
  • Hardkoppigheid kan jou skrywerskippie laat sink.

Module 7: kritiek

  • Hoe lewer ek kritiek?
  • Hoe hanteer ek kritiek?

typewriter-1209140__180Koste

Die kursus kos R 4 600 en vir die bedrag kry jy:

  • Kursusmateriaal
  • Lekker koffie, tee en sap deur die loop van die dag
  • ‘n Verversings soos ‘n kolwyntjie/botterbroodjie vir ontbyt
  • Lekker middagete
  • Laatmiddag-sonde (soos koek of tert)
  • Agt kortverhale en agt kort-kortverhale wat byna gereed is vir publikasie (met ander woorde sestien klaar verhale en baie idees vir nuwe verhale)
  • Nuwe vriendskappe

’n Deposito wat 50% (R2 300) van die totale bedrag is met registrasie betaalbaar. Die res is betaalbaar teen die einde van module 3.

Sluitingsdatum

Registrasies sluit stiptelik op 10 Augustus 2016. Laatkommers sal welkom wees mits:

  • Daar plek beskikbaar is.
  • Die skrywer met die aanvang van die kursus twee kortverhale kan inhandig.
  • ʼn Administrasiefooi van R350 vir laatregistrasie betaal.

Kansellasiefooi

Aangesien daar vooraf baie onkostes aangegaan word, moet ʼn kansellasiefooi gehef word.

Die deposito word verbeur sou ‘n skrywer nie vir die kursus opdaag nie. Die volle kursusfooi is betaalbaar as die student wel sekere modules doen en dan kop uittrek.

Geen fooie is terugbetaalbaar in hierdie gevalle nie.

Registrasie

Om te registreer moet die skrywer ʼn kwotasie aanvra deur die elektroniese vorm hieronder in te vul. Die kwotasie moet skriftelik aanvaar word. ’n Registrasievorm en die onderneming moet voltooi word. Sodra die deposito betaal is, is die skrywer geregistreer en sal die skrywer die eerste opdragte ontvang wat vooraf voltooi moet word.

Navrae

Trudy Erasmus
e-pos: skryfbesigheid@outlook.com
SMS & WhatsApp: 072 210 4385

Ek wil graag(vereis)

Voldagwerkwinkel – Skryf van tydskrifverhale

wit rekenaarOp 31 Oktober 2015 van 08:00 tot 16:00 hou ons ‘n voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale.

TYDSKRIFVERHALE
Tydskrifverhale bied aan nuwelingskrywers ’n unieke geleentheid om te publiseer. Al kan ’n skrywer oor ’n verskeidenheid temas skryf, verg die skryf van tydskrifverhale strawwe dissipline. Nuwelingskrywers trap dikwels ook klei met die temas van hulle verhale. Die meeste tydskrifverhale moedig eerder ontspanning en ontvlugting aan as moeilik verteerbare emosionele temas; die keuse van die tema is daarom baie belangrik.

Ons het dus besluit om ’n voldagwerkwinkel oor die skryf van tydskrifverhale aan te bied. Die verhaleredakteur van Vrouekeur, Dineke Volschenk, tree as hoofspreker op. Skrywers sal dus by haar persoonlik hoor aan watter vereistes verhale moet voldoen alvorens dit vir publikasie aanvaar kan word.

PLEK
Die voldagwerkwinkel word in die Lapa van Hoërskool Voortrekkerhoogte, Johannes Kockweg 29, Thaba Tshwane  aangebied.  Aanwysings op aanvraag beskikbaar.

ANDER SPREKERS
• Desirée Homann het ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns en sy vertaal Mills & Boon-boeke in Afrikaans.
• Trudy Erasmus is ’n gepubliseerde kortverhaalskrywer (waarvan heelparty tydskrifverhale is) en ’n Afrikaans onderwyser.
• Marietjie Wentzel is ’n taalpraktisyn en manuskripontwikkelaar.

TOELATING
Enige persoon kan vir hierdie werkwinkel inskryf. Geen teoretiese studies of opleiding is nodig nie.

Almal wat inskryf word egter versoek om wel die volgende vooraf te doen:
1. Lees ten minste agt kortverhale wat in Vrouekeur gepubliseer is en ten minste twee rooi rose-kortverhale.
2. Stuur teen 15 Oktober 2015 ’n kortverhaal wat jy self geskryf het, vir Marietjie Wentzel. Gebruik die e-posadres skryfbesigheid101@gmail.com. Die kortverhaal moet op die kop 1500 woorde hê. Hierdie is ’n voorvereiste omdat daar na middagete groepsbesprekings in kleiner groepe plaasvind waartydens jy die geleentheid sal kry om jou verhaal te verfyn. (Moenie bekommerd wees nie. Terugvoer geskied in ’n simpatieke atmosfeer en groepwerk is die beste manier om te leer.)

ONDERWERPE
Die volgende onderwerpe sal tydens die werkwinkel bespreek word:
1. Sub-genres van die Afrikaanse prosa: Waar pas die tydskrifverhaal in?
2. Die vereistes waaraan tydskrifverhale moet voldoen om vir publikasie oorweeg te word en die mees algemene foute wat skrywers begaan.
3. Praktiese hulp met die skryf van tydskrifverhale.
4. Die finale versorging van jou verhaal.

KOSTES
Werkwinkel
Die voldagwerkwinkel kos R650 en sluit die volgende in:
1. Verversings
2. Kursusmateriaal
3. Ligte middagete

As bonus maak jy vriende met persone wat dieselfde belangstellings as jy het en raak so deel van die uitgebreide skrywersnetwerk van Die Skryfbesigheid. Jy kom ook agter daar is ander persone wat jou belangstelling deel.

Enige persoon wat voorheen die dienste van Die Skryfbesigheid gebruik het of ’n kursus, werkwinkel of seminaar bygewoon het wat Die Skryfbesigheid aangebied het of daarby betrokke was, moet dit asseblief duidelik meld omdat ons gereelde kliënte ’n gawe afslag kry.

DEPOSITO
Gewoonlik vereis ons dat die volle werkwinkelfooi met die bespreking betaal word, maar ons wil graag ons skrywers tegemoet kom. Ons vra ʼn deposito van 50% van die werkwinkelfooi. Die deposito is teen die laaste datum van bespreking, naamlik 15 Oktober 2015, betaalbaar terwyl die res voor 31 Oktober 2015 per EFT of met registrasie in kontant betaal moet word. Reëlings vir afbetaling kan getref word.

Skrywers verbeur die volle deposito of fooi wat vooraf betaal is indien hulle nie vir die werkwinkel opdaag nie of kop uittrek. Ons gaan baie onkostes aan voor die werkwinkel begin en kansellasiefooie vir Die Skryfbesigheid se rekening is in alle gevalle betaalbaar wanneer iemand kanselleer of nie opdaag nie.

BESPREKING
Bespreking is NOODSAAKLIK en dit moet voor of op 15 Oktober 2015 om 23:00 plaasvind. Gaan asseblief so te werk om te bespreek:
1. Stuur ’n e-pos of sms aan Die Skryfbesigheid waarin jy ’n kwotasie aanvra.
2.Meld in jou e-pos of sms:
*Jou noemnaam en van.
*AL jou telefoonnommers, faksnommer en e-posadres.
*Watter kursusse jy al bygewoon het of van watter dienste van Die Skryfbesigheid jy al gebruik het.
3. Wag vir die kwotasie en registrasiedokument.
4. Betaal die volle werkwinkelfooi of 50% daarvan as deposito nadat jy die skriftelike kwotasie en registrasiedokument ontvang het.
5. Stuur bewys van betaling en die ingevulde registrasievorm aan Die Skryfbesigheid by skryfbesigheid101@gmail.com
6. Andersins kan jy die elektroniese vorm invul wat op http://www.pnskryf.wordpress.com beskikbaar is.

REGISTRASIE
Registrasie begin op 31 Oktober 2015 stiptelik om 08:00.

BRING SAAM
1. ’n Eksamenblok en ander skryfbehoeftes soos bv. potlode, penne ens.
2. Al is dit dan reeds vroegsomer, beveel ons aan dat jy ’n warm baadjie, trui of reënjas saambring. Mens weet nooit hoe verander die weer nie.

Bring gerus jou kamera saam. Ons wil graag selfies en wefies saam met jou neem veral sodat dit op sosiale media kan verskyn.

BELANGRIK
Reis- en verblyfkostes na en van die werkwinkel is die skrywer se eie verantwoordelikheid.

NAVRAE

Werkwinkel: Die Skryfbesigheid
Marietjie Wentzel
Telefoon: 082 570 6677
E-pos: skryfbesigheid101@gmail.com

Trudy Erasmus
Telefoon: 072 210 4385 (Slegs SMS’e tot smiddae 16:00)
Faks: 086 618 5211
E-pos: skryfbesigheid@outlook.com

Basiese skryfkursus 12 September 2015 op Witbank aangebied

Op Saterdag 12 September 2015 word ʼn basiese skryfkursus op Witbank aangebied.

Die kursus word deur Trudy Erasmus van Die Skryfbesigheid en Desirée Homann gefasiliteer. Trudy skryf kortverhale waarvan heel party in tydskrifte en saamgestelde bundels gepubliseer is. Desirée het ʼn meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns en vertaal Mills en Boons verhale na Afrikaans.

Die onderwerpe wat in die kursus behandel word, is:
• Basiese beginsels van skryf
• Skryfproses
• Redigering en taalversorging
• Elemente van die kortverhaal/roman/novelle

Na middagete word die skrywers in twee groepe verdeel waar hulle die geleentheid gaan kry om binne ʼn simpatieke, maar eerlike atmosfeer aan hul eie verhale te slyp. Daarom moet elke skrywer teen 31 Augustus 2015 ʼn verhaal van nie minder as 600 woorde en nie meer as 1500 woorde aan die organiseerders stuur.

Registrasie vind om 08:30 plaas en die kursus begin stiptelik om 09:00 en vind in die konsistorie van die NG Klipkerk plaas.

Die kursus kos R680,00 per persoon en sluit lesingmateriaal, verversings en middagete in. Met bespreking word 50% van die bedrag (R340,00) as deposito verlang. Die res van die bedrag kan in twee paaiemente betaal word en wel einde Julie en einde Augustus.

Bespreking en registrasie sluit om 31 Augustus 2015. Die verhale moet ook teen daardie datum ingehandig word.

Die fondse wat met hierdie kursus ingesamel word, word vir sending aangewend.

Navrae en bespreking
Isabel Swanepoel – 073 236 6511
Bets Gertzen – bets.gertzen@gmail.com

Bets Gertzen tydens die novellekursus
Bets Gertzen tydens die novellekursus

BEKENDE AFRIKAANSE SKRYWER PRAAT BY DWARSKERSBOS SKRYFKURSUS 3-10 JULIE 2015

front-picture-4-e1338811368558
Jubel’nJuig waar die kursus aangebied word

Die bekende Afrikaanse skrywer, Esta Steyn, gaan tydens die Dwarskersbos skryfkursus, 3-10 Julie 2015, as gasspreker optree en wel op Dinsdag 7 Julie. Sy is veral bekend vir die TV-reeks, Meeulanders en boeke soos Biegbrief, Het graft jubel, Die grafte jubel, Kinders van die Sabbatsee. Meeulanders is ook een van die voorgeskrewe werke waaroor graad 12-leerders nou eksamen geskryf het.

Hierdie kursus word deur Trudy Erasmus van Die Skryfbesigheid aangebied. Trudy het al ’n hele paar kortverhale in tydskrifte en saamgestelde bundels gepubliseer. Verskeie van haar studente kon na afloop van kursusse wat hulle by haar gedoen het, suksesvol publiseer.

Die goeie nuus is dat skrywers nog vir die kursus kan inskryf. Baie nuwelingskrywers verkeer onder die indruk dat verhale net op een manier aangepak kan word deur op gebeure, uiterlike konflik en handeling te fokus. Die kursus op Dwarskersbos gaan op die skryf van karaktergedrewe verhale konsentreer. Dit beteken dus karakterontwikkeling, karakterisering en alle vorme van konflik gaan die kern van hierdie verhale vorm.

Alhoewel hierdie kursus vir die meer gevorderde nuwelingskrywer bedoel is, kan enigiemand inskryf. Die meer onervare skrywer sal vooraf en tydens die kursus addisionele skryf-oefeninge doen wat hulle sal help om vinnig enige agterstande in te haal. ’n Liefde vir skryf en die skep van ’n geloofwaardige fiktiewe wêreld is al wat nodig is.

KURSUSINHOUD
Die skep van teks is vir die meer gevorderde kursusse van groot belang. Tog is dit nodig om sekere elemente van skryf teoreties met die skrywers te behandel. Daarom word onder andere die volgende aspekte tydens die werkwinkel bespreek.
• Hoe verskil ’n karaktergedrewe verhaal van ’n aksiegedrewe verhaal?
• Plot, spanning, konflik en handeling.
• Karakterisering en hulpmiddele om karakterisering te ondersteun.
• Oriëntering van die leser.
• Versorging en uitleg van ’n teks.

Skrywers word versoek om nie met storie-idees by die kursus op te daag nie omdat die uitbou van geloofwaardige karakters die boustene van die hierdie verhaal gaan wees. Na afloop van die kursus sal die skrywer óf ’n volledige novelle bestaande uit ses hoofstukke óf ses volledige hoofstukke hê.

Bespreking is NOODSAAKLIK en dit moet voor of op 27 Junie 2015 om 23:00 plaasvind. Stuur ’n e-pos aan Die Skryfbesigheid skryfbesigheid@outlook.com om te registreer. Vul andersins die elektroniese vorm op www.pnskryf.wordpress.com in.

Breek weg!

KOM SKRYF ʼn STORIE BY DIE SEE

3-10 Julie 2015

This slideshow requires JavaScript.

PLEK

Natuurlik gaan ons weer vanjaar na Jubel’nJuig op Dwarskersbos aan die Weskus om daar ʼn karaktergedrewe storie te skryf. Daar gaan op ʼn verhaal gefokus word waar die verhaalgebeure uit karakterisering van die karakters ontstaan. Aan die einde van die kursus behoort die skrywer ʼn volledige novelle van ses hoofstukke of ses hoofstukke van ʼn roman voltooi te hê.

TOELATING

Enige persoon kan vir hierdie kursus inskryf. Geen voorafkennis, teoretiese studies of opleiding is vir hierdie kursus nodig nie. ’n Liefde vir skryf en die skep van ’n geloofwaardige fiktiewe wêreld is al wat nodig is.

Persone wat nog nooit ʼn skryfkursus gedoen het nie, moet ʼn basiese skryfkursus per e-pos doen of die beginnerskrywer kan ʼn volledige aanlynkursus doen. Die aanlynkursus sal teen ’n GROOT AFSLAG aangebied word mits daar vir die hierdie kursus bespreek en die volle deposito betaal word. (Kwotasie op aanvraag beskikbaar.)

Die basiese skryfkursus of volledige aanlynkursus MOET teen 30 Junie 2015 afgehandel wees.

Skrywers wat reeds skryfkursusse gedoen het, is baie welkom om ook die basiese beginnerskursus te doen as hulle voel dat ’n opknappingskursus nodig is. As ’n skrywer ’n kursus by ’n ander skryfskool gedoen het, moet bewys van hierdie kursus voorgelê word.

KURSUSINHOUD

Alle skryfkursusse wat Die Skryfbesigheid aanbied, fokus sterk op die praktiese skep van kreatiewe teks. Nogtans moet skrywers ook oor sekere teoretiese en literêre kennis beskik. Daarom word die volgende aspekte tydens die werkwinkel bespreek.

  1. Wat is die verskil tussen ʼn essay, skets, kortverhaal, novelle en roman?
  2. Wat is ’n verhaal?
  3. Hoe verskil ʼn karaktergedrewe verhaal van ʼn aksiegedrewe verhaal?
  4. Plot, spanning, konflik en handeling (Baie kortliks!)
  5. Karakterisering en hulpmiddele om karakterisering te ondersteun.
  6. Oriëntering van die leser.
  7. Versorging en uitleg van ’n teks.

Bogenoemde inhoud sal hoofsaaklik op Vrydag 3 Julie en Saterdag 4 Julie aangebied word. Tog sal daar daagliks tydens groepwerk na ander aspekte van letterkunde gekyk word.

Skrywers sal elke dag ʼn sekere aantal woorde moet skryf wat tydens groepwerk deur alle skrywers bespreek moet word. Tydens hierdie deel van die kursus gaan daar net geskryf word. Elke skrywer sal smiddae net voor aandete sy/haar hoofstuk van daardie dag inhandig. Daarna kry die ander skrywers die geleentheid om die nuwe hoofstukke te lees. Na middagete word daar in die groep terugvoer en wenke aan die skrywer gegee.

SKRYWERS WORD VERSOEK OM NIE MET STORIE-IDEES BY DIE KURSUS OP TE DAAG NIE OMDAT DIE ONTWIKKELING VAN STORIE-IDEES ʼn BELANGRIKE DEEL VAN DIE KURSUS VORM.

KOSTES

Kursus

Vanjaar word die kursusfooi en die fooi vir akkommodasie/etes geskei.

Die kursuskoste is:

  • Beginnerskrywers betaal R3 300. (Die voorafkursus per e-pos word hierby ingesluit.)
  • Gevorderde skrywers betaal R3 100 vir die totale kursus. (Persone wat die aanlynkursus teen 30 Junie 2015 voltooi het, kwalifiseer vir hierdie prys,)

Persone wat al voorheen by Die Skryfbesigheid kursus gedoen het, kry afslag op bogenoemde prys.

 Akkommodasie en etes

Skrywers is nie verplig om in te slaap nie, maar persone wat wil inslaap, kan by Jubel’nJuig bespreek teen R200 per nag vir persone wat bereid is om te deel. Enkelverblyf is teen R300 per nag op aanvraag beskikbaar.

Die volgende fooie is deur alle studente betaalbaar:

  • Noenmaal/middagete (tee, koffie, vars vrugte en verversings ingesluit): R120 per persoon.
  • Skoonmaakdienste, aankoop van hout en elektrisiteit: R250 per persoon

Aandetes is teen R50 per persoon per ete beskikbaar en moet vooraf bespreek word. Mariette Maartens van Jubel’nJuig sal vir elke student ʼn pasmaak kwotasie uitwerk.

 Vervoer van die lughawe

Persone wat per vliegtuig, bus of trein reis, word vriendelik versoek om reisreëlings so te tref dat hulle 2 Julie 2015 in Kaapstad arriveer. Vervoer sal daarvandaan beskikbaar wees. Kostes van Kaapstad na Dwarskersbos kan op hierdie wyse gedeel word. Terugreis na die lughawe sal op Dwarskersbos gefinaliseer word.

DEPOSITO

Gewoonlik vereis ons dat 50% van die kursusfooi as deposito betaal moet word, maar ons het dit goed gedink om skrywers die geleentheid te gee om dit in paaiemente van R500/R600/R700/R800/R1000 af te betaal solank die totale deposito teen 27 Junie 2015 betaal is. Die oorblywende fooi moet op die dag van registrasie (verkieslik) in kontant betaal word. Reëlings vir die afbetaling van die akkommodasie en etes moet direk met Jubel’nJuig getref word.

 Alle deposito’s (of fooie wat vooraf betaal is) word verbeur sou die skrywer nie vir die kursus opdaag nie of kop uittrek. Baie onkostes word voor die aanvang van die kursus aangegaan en kansellasiefooie moet daarom in alle gevalle betaal word.

BESPREKING

Bespreking is NOODSAAKLIK en dit moet voor of op 27 Junie 2015 om 23:00 plaasvind. Gaan asseblief so te werk om te bespreek:

  1. Stuur ’n e-pos, faks of sms aan Die Skryfbesigheid EN Jubel’nJuig waarin u ’n kwotasie aanvra.
  2. Meld in u e-pos, faks of sms:
    1. Noemnaam en van.
    2. U telefoonnommer en faksnommer/e-posadres.
    3. Watter kursusse u al bygewoon het.
  3. Wag vir u kwotasie.
  4. Betaal 50% van die kursusgeld en 50% van die verblyf en etes se geld, nadat u die skriftelike kwotasie en registrasiedokument ontvang het.
  5. Stuur bewys van betaling en die ingevulde registrasievorm aan Die Skryfbesigheid en Jubel’nJuig.

REGISTRASIE VIR DIE KURSUS

Die kursus begin Vrydag 3 Julie 2015 om 09:00

  1. Donderdag 2 Julie 2015 om 17:00 vir inwonende studente
  2. Vrydag 3 Julie 2015 om 08:30

BRING SAAM

  1. HIERDIE IS ’N VEREISTE, omdat ons die terugvoer elektronies gee en al die skryfwerk ook elektronies gedoen word. ’n Skootrekenaar en twee geheuestokkies.
  2. ’n Eksamenblok en ander skryfbehoeftes soos bv. potlode, penne ens.
  3. Koffie, tee, melk, suiker, beskuit of graankos om u deur die nag te sien of om die ergste honger soggens voor die kursus te stil.
  4. Warm baadjie, trui en ’n reënjas. (Ons maak elke dag vuur in die kaggel.)
  5. Kamera of selfoon met ’n goeie kamera.
  6. Chroniese medikasie.

BELANGRIK

Reis- en verblyfkostes na en van Dwarskersbos is die skrywer se eie verantwoordelikheid. Vrydagaand 3 Julie 2015 (wanneer die kursus begin) en Vrydagaand 10 Julie 2015 (wanneer die kursus afsluit) sal aandete in die Laaiplek Hotel of die Vishuis genuttig word. Die etes is vir die skrywer se rekening. Vrydagaand 3 Julie 2015 se ete is verpligtend omdat dit as ’n ken-mekaar-aand dien. Koeverte word daar uitgedeel.

NAVRAE

Skakel vir Mariette (in verband met verblyf en etes) en Trudy (in verband met die kursus). Hulle besonderhede volg hieronder. Of vul die elektroniese vorm in.

AKKOMMODASIE EN ETES: Jubel’nJuig

Mariette Maartens

Telefoon: 082 829 6372

Faks: 086 616 4710

Pikkewyn Close 4, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365

KURSUS: Die Skryfbesigheid

Trudy Erasmus

Telefoon: 072 210 4385 of 082 349 0533

Faks: 086 618 5211

E-pos: skryfbesigheid@outlook.com